5 redes hoekom jy SARIE Gesond moet lees

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister
'n Splinternuwe uitgawe van SARIE Gesond is beskikbaar. En as jy dié uitgawe, volkome toegewy aan jou welwees, nog nie gekoop het nie, is hier 5 redes waarom jy dit vandag nog moet aanskaf.

"Geestesgesondheid is 'n gesprek, veral nou. Dis in die ope, mense is nie meer skaam daarvoor nie. Hoog tyd ook. Dit maak die lewe meer uitdagend, ja. Maar die feit dat jy oop kaarte daaroor kan speel, maak dit sommer meer draaglik. En dis verbasend waar hulp dalk lê," sê Lydia van der Merwe, SARIE-gesondheidsredakteur.

Daarom het die SARIE-span vanjaar 'n hele uitgawe saamgestel wat ons lesers kan help om jou welwees te bevorder. Van emosionele tot fisiese gesondheid, dié tydskrif is propvol raad en wenke om te verseker jy leef jou gesondste lewe. Hier is vyf redes om SARIE GESOND 2021 te lees.

1. Só leef aktrise Lea Vivier met haar angs saam

Sy het die it-faktor. Talentvol, smeulend, suksesvol. Tog worstel aktrise Lea Vivier ook met dinge. Sy is nie skaam om daaroor te praat nie - inteendeel, dit help haar vrymaak. 

Overhead view of woman relaxing in pool at outdoor
FOTO Leana Clunies
Overhead view of woman relaxing in pool at outdoor
FOTO Leana Clunies

2. Af? Pê? Net oukei? Dís wat jou makeer

Jy's nie depressief nie, jy’s net . . . af. Jy kan nie jou vinger daarop lê nie. Dit gaan beslis nie sleg nie. Jy is bevorder by die werk, jou gesin is nog gesond en jy het genoeg dinge om na uit te sien. Maar jy voel ook nie baie goed nie. Jy het lanklaas uitbundig gelag en jy raak nie meer vreeslik opgewonde oor dinge nie. Jy voel half “meh”. Daar is ’n naam vir hierdie gevoel: Die Engelse noem dit languishing. Afrikaanse sielkundiges noem dit kwyning, lewensvoosheid of afgeremdheid. Ons delf dieper in dié onderwerp.

Overhead view of woman relaxing in pool at outdoor
FOTO Unsplash

3. KI? IVF? Onvrugbaarheid? Joernalis deel haar storie

‘Die babaskip kom nie meer by die eiland verby nie, dis nou net reddingsbote in die vorm van KI en IVF,’ skryf die bekroonde joernalis Marida Fitzpatrick. Sy vertel op haar eiesoortige manier van haar pad met onvrugbaarheid. SARIE-gesondheidsredakteur Lydia van der Merwe vra vyf vrae oor swangerskap tydens die pandemie aan ons land se voorste kenners.

Overhead view of woman relaxing in pool at outdoor
FOTO Unsplash

4. Gee jouself só 'n goedvoel-hupstoot

Kenners meen al hoe meer geluk lê in oomblikke van bederf en eenvoudige welstandsgewoontes. Of jy lus is vir ’n luukse pamperlang of net ’n tikkie koestering nodig het, SARIE Skoonheidsredakteur Monica van der Walt deel ons 12 gunsteling-idees.

Overhead view of woman relaxing in pool at outdoor
FOTO Getty Images / Gallo Images

5. Agt resepte vir lekkervoel-kos

Ons eet om te lewe, vir goeie gesondheid, ja. Maar ook vir die lekker, die samesyn met geliefdes, die nostalgie wat sommige kosse kan wakker maak. Eet ’n verskeidenheid gesonde kosse, en niks is taboe nie, solank jy jou porsies klein hou. Van dekadente dadelballetjies tot gevulde murgpampoentjies, ons deel ’n resep vir almal.

Overhead view of woman relaxing in pool at outdoor
Gevulde murgpampoentjies
Overhead view of woman relaxing in pool at outdoor
Dadelballetjies

Soek jy na meer? Kry dan jou uitgawe van SARIE GESOND vandag nog by uitsoekwinkels naby jou, of koop jou digitale kopie hier.

Overhead view of woman relaxing in pool at outdoor

JONGSTE UITGAWE

SEPTEMBER/OKTOBER 2021

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees