Dis normaal as jy swanger is of borsvoed. Gebeur dit andersins en die afskeiding is bloederig of helder, selfs al druk jy dit nie, gaan dokter toe.
Dis egter nie outomaties ’n teken van kanker nie. Nie-kankeragtige gewasse, genoem papillomas, kan ook ’n bloederige afskeiding veroorsaak.
So ook geboortebeperkingsmiddels, borsinfeksies en fibrosistiese (knopperige) borste.