Mense wat hul gesig ná ’n middagslapie met koue water was, doen daarna net so goed in ’n geheuetoets as dié wat nie geslaap het nie, wys ’n klein studie.
Of dit jou genoeg gaan opkikker om jou dagtaak met ’n helder kop aan te pak, is nog nie ondersoek nie. Maar as jy deurmekaar geslaap uit die bed rol, kan die skok van ’n koue stort dalk die ding doen.
Dit is bewys kafeïen laat jou brein op aandag spring. Dis egter nie nodig om meer as twee koppies koffie op ’n slag te drink nie, want dit gaan nie noodwendig jou kop helderder maak nie, wys studies. En dit kan jou die ritteltits gee.