Die artikel het oorspronklik in SARIE se Mei 2020-uitgawe verskyn:
Ek was eens fiks, dus . . .
Jammer, maar as jy baie minder of glad nie meer oefen nie, verloor jy die aanvanklike voordele, soos kardiovaskulêre fiksheid en uithouvermoë.
Konsekwentheid is die sleutel. Wissel oefeninge af en hou dit interessant dwarsdeur jou lewe vir die beste gesondheidsvoordele.
Dit gaan my maer maak
Nie noodwendig nie. Eet minder en kombineer dit met oefening.
Maar onthou: Jy kan nie vir ’n swak dieet weghol nie. As jy baie gewig wil afskud (meer as 5%) en maer wil bly, gaan jy waarskynlik meer as 300 minute per week teen ’n matige intensiteit aktief moet wees.
Kombineer aërobiese met weerstandsoefeninge.
Ek’s heeldag op my voete, maar . . .
As jy heeldag op jou voete is en beweeg, het jy ’n hoë vlak van fisieke aktiwiteit. Doen daagliks takies soos om swaar kruideniersware te dra en energieke huis- of tuinwerk.
Verhoog die intensiteit sodat jy ’n bietjie sweet – minstens 150 minute per week.
Ek is te oud . . .
Nie waar nie. Studies wys ouderdom alleen is nie die oorsaak van groot probleme nie – tot jy in jou negentigs is.
Krag en spiermassa kan vermeerder word, selfs op ’n gevorderde leeftyd. Doen aërobiese, balans- en spierversterkingsoefeninge as jy 65 en ouer is.
Ek draf eenkeer per week, maar . . .
Enige hoeveelheid wat jy draf, het belangrike gesondheidsvoordele. Selfs 50 minute een keer per week teen ’n pas stadiger as 9,65 kilometer per uur kan jou risiko vir voortydige dood verminder.
BRON The Conversation
400+ mense. Dis hoeveel lesers al by #SARIEDrafDitAf aangesluit het.
Hoekom? Diëte werk nie – leefstylveranderinge wel! Dié aanlyn oefen-en-eetprogram is deur kundiges saamgestel om jou binne net 12 weke te wys waartoe jy alles in staat is.
Dis geskik vir mans en vroue van alle ouderdomme en liggaamstipes.
Begin vandag nog werk aan jou somerlyf en sluit teen ’n eenmalige bedrag aan by www.sariedrafditaf.co.za