Jou vergrote baarmoeder is gedurende die eerste weke nog in jou bekken. Penetrasie kan dus ongemaklik wees omdat teen die baarmoeder gedruk word. Dit kan help as jy die helling verander (byvoorbeeld ’n kussing onder jou boude sit).
Dis egter nie gevaarlik vir die swangerskap nie. Intimiteit in dié tyd is emosioneel baie belangrik. In die derde trimester, wanneer jy groot en ongemaklik voel, is seks minder bevredigend.
Hoe nader aan jou kraamdatum, hoe groter die moontlikheid dat die vrystelling van prostaglandien geboorte kan aanhelp. (’n Hormoon wat baarmoeder-kontraksies kan laat begin.)