Garmin Lily-slimhorlosie: Ontwerp deur vroue vir vroue

akkreditasie
GEBORG: Augustus is die maand waarin ons vroue vier, en wat kan meer gepas wees as ’n slimhorlosie spesiaal ontwerp met die behoeftes van vroue in gedagte? Garmin het pas die balk vir gehalte-ontwerp en innovering nog hoër gestel met sy reeks slimhorlosies spesifiek vir vroue – en met gemak daaroor geseil.

Een van die sterre van die reeks dié Vrouemaand is die Garmin Lily, ’n klein en stylvolle slimhorlosie wat nie net op die tegnologiefront haar kant bring nie, maar ook sag is op die oog. Die Lily is een van die aantreklikste slimhorlosies op die mark, met unieke doelgemaakte opsies vir gebruikers. Dit is ontwerp deur vroue vir vroue en daar kan met die eerste oogopslag gesien word hoekom.

Jy het die keuse tussen ’n sportiewe of klassieke ontwerp, die materiaal van die bandjie (leer of silikon) sowel as verskillende kleure om die horlosie jou styl te laat weerspieël. Die slanke 14 mm-bandjie is perfek vir ’n vrou, met die T-paneel-aansluiting wat die horlosie se skoonheid aksentueer. Nog ’n aanloklike eienskap is dat die Lily nie noodwendig soos jou gewone slimhorlosie lyk nie en ewe goed diens kan doen as jou gewone 9-5-werkesel.

Die klassieke weergawe is beskikbaar in drie tydlose kleure, elk in skakerings van neutrale kleure, en ’n sagte kontras tussen die bandjie en metaaldele. Ook die patrone van die glas dra by tot hierdie gehalte-mode-item, perfek vir elke dag se dra.

Die Lily Sport is op sy beurt beskikbaar in drie vars kleure en spog met organiese patrone op die glas – nommerpas vir diegene wat lief is om die buitelug te verken.

Wanneer jy jou pols oplig of liggies skud, of met jou vinger aan die glas raak, verhelder hierdie elegante raakskerm om jou op datum te hou van als wat vir jou belangrik is, dag en nag. Word die skerm nie gebruik word nie, verdonker dit, wat bydra tot sy estetiese aantrekkingskrag. Boonop maak dié innoverende raakskerm dit maklik vir nuwe gebruikers van slimhorlosies om moeiteloos deur die verskillende apps vir sport en fiksheid te navigeer.

Die Garmin Lily stel jou ook in kennis van foonoproepe, teksboodskappe en e-posse, sodat jy altyd net ’n armlengte weg is van belangrike inligting – die perfekte oplossing vir daardie dol werksdae waar jy voel asof jy op tien verskillende plekke op dieselfde tyd moet wees.

Dié klein slimhorlosie het werklik die speelveld vir vroue op verskeie gebiede verander met talle apps en nasporingstelsels deur die Garmin Connect App (beskikbaar in android- en IOS-winkels). Aan die fiksheidskant hou die Lily tred met die aantal treë wat jy gee, jou hartklop, energievlakke sowel as spesifieke gesondheidsdata van toepassing op jou. Met ’n batterylewe van 5 dae voordat jy dit hoef te laai, bring die Lily ook haar kant in die nag deur jou slaap te monitor en seker te maak jy kry die nodige skoonheidslaap wat jy benodig om op jou beste te lyk.

Die verskillende ingeboude eienskappe van die Lily maak dit vir jou maklik om met jou lyf te konnekteer, en stel jou in staat om op datum te bly met jou gesondheid en welstand met die blote druk van ’n knoppie. Van jou asemhaling tot die suurstof in jou bloed, energievlakke, menstruasiesiklus, swangerskap, hidrasie en stresvlakke kan jy monitor dansky ’n reeks fantastiese eienskappe van die horlosie asook die Garmin Connect App.

Een van die belangrikste eienskappe van die Lily is die vermoë om tred te hou van jou menstruasiesiklus deur middel van die Garmin Connect App. Nie net kan jy fisieke en emosionele simptome aanteken om die groter prentjie te kry nie, maar dis ook ’n onontbeerlike hulpmiddel vir aktiewe vroue.

Nog ’n baie doeltreffende funksie is die Lily se vermoë om harttempo te monitor en jou te waarsku as jou harttempo te hoog of te laag is. Hierdie eienskap bevorder jou lewensgehalte en jou vermoë om proaktief te wees ten opsigte van jou gesondheid – iets wat uiters belangrik is in ons besige leefstyl.

Fiksheid en ’n aktiewe leefstyl was nog altyd een van Garmin se vernaamste fokuspunte en met die Lily is dit steeds die geval. Die fiksheid- en sport-apps is ontwerp rondom oefeninge wat vroue geniet en waarmee hulle volhou sodat hulle ’n gesonde en stresvrye lewe kan geniet. Van joga, pilates en bewustelike asemhaling tot ander verwante aktiwiteite, jy kan dit gebruik om outomaties dagboek te hou. Aktiwiteite soos hoeveel treë jy gee en kilojoules jy verbrand kan ook gemonitor word. En die Lily kan met ’n versoenbare slimfoon se GPS en Garmin Connect App konnekteer om stap en hardloop in die buitelug te monitor. 

’n Fantastiese eienskap vir vroue is die funksie wat in ’n noodgeval jou ligging na geselekteerde kontakte stuur. Nog een is die vermoë om jou tree vir tree te volg en jou ligging deurentyd aan te dui sodat familie en vriende heeltyd op hoogte kan wees van waar jy jou bevind wanneer jy aan buitelug-aktiwiteite deelneem, deur die samehangendheid met jou slimfoon en die Garmin Connect App.

Die Lily is nommerpas vir vandag se aktiewe vrou wat ’n horlosie soek om aan al haar verskillende behoeftes te voldoen, met die ontwerp en funksionaliteit ’n modebewuste alternatief vir ander slimhorlosies op die mark. Dit is die perfekte metgesel aan jou gewrig en ’n belegging van Garmin in slimhorlosies spesifiek vir vroue.

JONGSTE UITGAWE

SEPTEMBER/OKTOBER 2021

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees