Vrouegesondheid: Kies die natuurlike roete

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
GEBORG: Die kruie-ekstrakte in die Salome-reeks produkte maak dit die natuurlike keuse wanneer dit kom by die behandeling van algemene vrouegesondheidsprobleme – leer meer en skryf in vir ons kompetisie vir die kans om te WEN

Selfs voor Covid-19 was daar ’n groeiende tendens onder verbruikers om natuurlike alternatiewe tot allopatiese (konvensionele) medikasie te ondersoek. Dit het vir hulle nou belangriker as ooit tevore geword om te weet wat in medisyne is, die dryfkrag agter die produkontwikkeling van 3Sixty Biomedicine se Salome-reeks die afgelope twee jaar.

Die Salome-reeks, wat in 2020 deur dié Suid-Afrikaanse farmaseutiese maatskappy gestig is, spits hom toe op algemene gesondheidskwessies onder vroue. Die huidige produkreeks, wat sonder voorskrif bekom kan word, is gebaseer op kruie-ekstrakte en help om erge menstruele bloeding, menstruasiepyn, polisistiese ovariële sindroom (PSOS) en onvrugbaarheid wat met PSOS verband hou, te bestuur. Die maatskappy kyk ook tans daarna om die reeks uit te brei om ’n produk in te sluit wat die simptome verlig wat algemeen met die menopouse gepaard gaan, asook een vir die verligting van minder ernstige simptome in die dae voor menstruasie (PMS).

Algemene vrouegesondheidsprobleme wat jou dag tot dag kan beïnvloed

Primêre dismenoree, maandstondepyn sonder die teenwoordigheid van ander toestande soos endometriose, is die mees algemene ginekologiese probleem onder vroue van alle ouderdomme en rasse. In dié geval is die menstruele krampe só erg dat dit inmeng met hul daaglikse aktiwiteite, volgens die Amerikaanse Academy of Family Physicians. Salome Menstrual Pain bevat ekstrakte van die duisendblad (Achillea millefolium), ’n kruieplant met teenspasmodiese, anti-inflammatoriese en pynstillende eienskappe, wat spasmas kan verlig wat met erge menstruasiepyn, bekend as dismenoree, verband hou. Omdat Salome Menstrual Pain natuurlike bestanddele bevat, kan selfs meisies van so jonk as 13 jaar wat pynlike menstruasie ervaar, dit gebruik om die krampe te verlig sonder om bekommerd te wees oor ongewenste newe-effekte.

Die kruie-ekstrakte in die Salome-reeks produkte maak dit die natuurlike keuse wanneer dit kom by die behandeling van algemene vrouegesondheidsprobleme

’n Ander algemene probleem wat vroue ervaar, is menoragie (swaar en uitgerekte menstruele vloei). Om dié probleem te verlig het 3Sixty Biomedicine die Salome Heavy Menstrual Bleeding-produk ontwikkel. Dit bevat kruie-ekstrakte van die Capsella bursa-pastoris, oftewel herderstassie, met ’n aktiewe bestanddeel wat help om erge menstruele bloeding by vroue met ’n normale menstruele siklus te verminder. Daar is ook wetenskaplike bewyse dat die plant stimulerende eienskappe bevat wat spiere help ontspan. Nog ’n bonus is dat dit antioksidant-eienskappe bevat wat die baarmoedertonus verbeter, wat beteken dit fasiliteer die regulering van menstruele vloei. Dit beskik ook oor anti-inflammatoriese eienskappe, wat ’n positiewe effek op die bestuur van swaar menstruele bloeding kan hê.

Die ABC van PSOS

Salome Polycos help met die bestuur van simptome wat algemeen met PSOS geassosieer word. Deur die testosteroonvlakke te verlaag en die progesteroonvlakke te verhoog by vroue met ongereelde of afwesige maandstondes, help dit die menstruele siklus reguleer, terwyl dit terselfdertyd bloeddrukvlakke verlaag. Dit speel ook ’n rol in die verhoging van insulien-aktiwiteit by vroue wat met PSOS gediagnoseer is, aangesien talle insulienweerstandig is. As gevolg van hierdie hormonale wanbalanse sukkel vroue met PSOS dikwels met aknee, ongereelde maandstondes, haarverlies wat gewoonlik met mans geassosieer word, of met oormatige liggaamshaargroei (hirsutisme). Salome Polycos se hoof- aktiewe bestanddeel is D-chiro-inositol (DCI), ’n natuurlike ekstrak wat van die karobboom verkry word. 

In gevalle waar onvrugbaarheid gekoppel kan word aan die hormonale wanbalanse wat deur PSOS veroorsaak word, het pasiënte wat produkte soos Salome Fertility, met Myo-inositol en D-chiro-inositol, verhoogde ovulasie waargeneem, ’n afname in hul hiperandrogenisme en in die oksidatiewe stres in hul follikelvloeistof. Die doeltreffendheid van die produk is geleë in die verkryging van die korrekte verhouding van Myo-inositol teenoor D-chiro-inositol, wat van die peul van die karobboom onttrek is. Kliniese studies het gewys dat hierdie natuurlike ekstrakte help met die regulering van die ovariële funksie in PSOS-pasiënte. 

Daar is ’n oplossing!

Die volledige Salome-reeks wat natuurlike kruie-ekstrakte bevat, is aanlyn beskikbaar by Takealot.com en www.3Sixtybiomedicine.co.za, asook oor die toonbank by die meeste apteke landwyd. Die produkte word deur mediese fondse erken en deur hulle gedek.

Besoek 3sixtybiomedicine of volg Salome op Instagram en Facebook vir meer inligting.

Die inligting in hierdie artikel is verskaf deur ’n derdeparty-kliënt. SARIE is nie ’n mediese joernaal nie. Bespreek alle mediese raad met jou dokter.

#yourjourneymatters #pcosawareness #periodtalk#womenshealthmatters

Kompetisietyd!

Jy het die kans om ’n stylvolle selfsorg-geskenkpak met ’n doelgemaakte Lou Harvey-drasak en ’n afslagbewys vir ’n pak Salome Menstrual Pain en ’n pak Salome HMB ter waarde van R1 869 te wen.

Om in te skryf, vul bloot die vorm hieronder in en beantwoord die maklike vraag.



Die kompetisie het gesluit. Baie dankie.
JONGSTE UITGAWE

NOVEMBER/DESEMBER 2021

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees