Gesonde peuselhappies: Springmielies met heuning-karamelkors

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
SLANKER MET SARIE
SLANKER MET SARIE
Kom smul saam!

Die besluit om gesonder te leef, fiks te word en gewig te verloor is ’n maklike een om te neem, maar nie altyd om deur te voer nie. Met ons Slanker met SARIE-aanlyn dieet- en oefenprogram gee ons jou die hulp wat jy nodig het.

TEKEN IN

Met die regte inligting en slim dink kan jy vinnige, gesonde peuselhappies met min kJ maak. Hier is een van 10 sulke happies net vir jou!

Springmielies met heuning-karamelkors vir ekstra vesel

Springmielies met heuning-karamelkors
4 porsies – 790 kJ per porsie

15 ml kanola-olie; 90 g (125 ml) springmielie-pitte; 30 ml bruinsuiker; 50 ml heuning; 30 ml water.

Verhit olie tot warm in groot pot, gooi mielie-pitte by en sit deksel bo-op tot pitte almal ontplof het. Verwyder van hitte. Plaas ’n skoon pan op medium hitte en sit res van bestanddele in. Roer tot gesmelt het en ligte karamel vorm, sowat5minute. Gooi bo-oor springmielies en meng deeglik. Laat afkoel.

Begin jou slanker-reis HIER


ONTHOU

Hoewel ons net die kilojoules (kJ) van die happies gee, het ons seker gemaak die kombinasie van koolhidrate en vet is ook gesond. Kos se uitwerking op jou liggaam word nie net gemeet aan die hoeveelheid kJ en of dit lae vet en lae GI is nie. Kyk liefs na die kombinasie van voedingstowwe en voeding-eienskappe en die gemeenskaplike uitwerking op jou gesondheid.

  • ’n Gemiddelde onaktiewe vrou se kJ-behoefte per dag (nie vir gewigsverlies): 6 200 tot 8 000 (Mans: 9 600 tot 10 500)
  • ’n Gemiddelde maaltyd is dus 1 550 tot 2 000 kJ (Mans: 2 400 tot 2 625)
  • ’n Gemiddelde peusel-maaltyd moet 620 tot 1 200 kJ hê (Mans: 960 tot 1 575)

 

OM TE WEET

  • Kies peuselhappies met min verfynde koolhidrate (soos witmeel en -suiker). Dus eerder vrugte as koekies, gekombineer met jogurt, neute, “gesonde” vette (soos olyfolie) en proteïene. Dit laat jou langer energiek voel.
  • Neute en sade bevat proteïene, “gesonde” vette en baie voedingstowwe. ’n Hand vol per dag sal jou nie vet maak nie. Dit sal ook help dat jy minder honger voel.
  • Hou die porsie van ’n soet happie klein. Eet stadig, dit het ’n positiewe uitwerking op jou bloedsuiker- en energievlakke.
  • As jy jou gewig dophou, kies ’n happie wat nie net “leë” energie (sonder voedingswaarde) het nie (bv. koeldrank, suiglekkers), maar ook voedsaam is.
Deur Herman Lensing; foto’s Donna Lewis; gesondheidswenke en feitelike versorging in samewerking met dieetkundige Mariza van Zyl.
Slanker met SARIE

Begin jou slanker-reis HIER

Of toets jou fiksheid HIER

Nog gesonde peuselhappies:

Laevet-hoemoes met tuinvars wortels

Gedroogde vrugtetjips

Olywe gemarineer in suurlemoen en kruie

Appelskywe gedoop in donkersjokolade met gekapte pistasieneute

Vars groentestokkies met vetvrye maaskaas

JONGSTE UITGAWE

November/Desember-uitgawe

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees