Gesonde peuselhappies: Gedroogde vrugtetjips

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
SLANKER MET SARIE
SLANKER MET SARIE
Kom smul saam!

Die besluit om gesonder te leef, fiks te word en gewig te verloor is ’n maklike een om te neem, maar nie altyd om deur te voer nie. Met ons Slanker met SARIE-aanlyn dieet- en oefenprogram gee ons jou die hulp wat jy nodig het.

TEKEN IN

Met die regte inligting en slim dink kan jy vinnige, gesonde peuselhappies met min kJ maak. Hier is een van 10 sulke happies net vir jou!

Gedroogde vrugtetjips

SLANKER MET SARIE
SLANKER MET SARIE
2 porsies – 727 kJ per porsie

2 appels, dun skywe gesny; 2 pere, dun skywe gesny; 1 mango, dun skywe gesny.

Verhit oond tot 160 °C. Pak vrugteskywe op bakplaat uitgevoer met bakpapier wat met kleefwerende kossproei gespuit is. Bak 45 – 60 minute of tot bros. Laat afkoel. Pak in werk toe as gesonde happie.

Begin jou slanker-reis HIER


ONTHOU

Hoewel ons net die kilojoules (kJ) van die happies gee, het ons seker gemaak die kombinasie van koolhidrate en vet is ook gesond. Kos se uitwerking op jou liggaam word nie net gemeet aan die hoeveelheid kJ en of dit lae vet en lae GI is nie. Kyk liefs na die kombinasie van voedingstowwe en voeding-eienskappe en die gemeenskaplike uitwerking op jou gesondheid.

  • ’n Gemiddelde onaktiewe vrou se kJ-behoefte per dag (nie vir gewigsverlies): 6 200 tot 8 000 (Mans: 9 600 tot 10 500)
  • ’n Gemiddelde maaltyd is dus 1 550 tot 2 000 kJ (Mans: 2 400 tot 2 625)
  • ’n Gemiddelde peusel-maaltyd moet 620 tot 1 200 kJ hê (Mans: 960 tot 1 575)

OM TE WEET

  • Kies peuselhappies met min verfynde koolhidrate (soos witmeel en -suiker). Dus eerder vrugte as koekies, gekombineer met jogurt, neute, “gesonde” vette (soos olyfolie) en proteïene. Dit laat jou langer energiek voel.
  • Neute en sade bevat proteïene, “gesonde” vette en baie voedingstowwe. ’n Hand vol per dag sal jou nie vet maak nie. Dit sal ook help dat jy minder honger voel.
  • Hou die porsie van ’n soet happie klein. Eet stadig, dit het ’n positiewe uitwerking op jou bloedsuiker- en energievlakke.
  • As jy jou gewig dophou, kies ’n happie wat nie net “leë” energie (sonder voedingswaarde) het nie (bv. koeldrank, suiglekkers), maar ook voedsaam is.
  • Deur Herman Lensing; foto’s Donna Lewis; gesondheidswenke en feitelike versorging in samewerking met dieetkundige Mariza van Zyl.
    Slanker met SARIE


    Begin jou slanker-reis HIER

    Of toets jou fiksheid HIER

    Nog gesonde peuselhappies:

    Laevet-hoemoes met tuinvars wortels

    Springmielies met heuning-karamelkors

    Olywe gemarineer in suurlemoen en kruie

    Appelskywe gedoop in donkersjokolade met gekapte pistasieneute

    Vars groentestokkies met vetvrye maaskaas

    JONGSTE UITGAWE

    November/Desember-uitgawe

    JONGSTE UITGAWE
    SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
    Begin lees
    Nuusbriewe: Registreer gratis

    Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

    Klik vir nuusbriewe
    SLIMMER MET SARIE

    Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

    SLIMMER MET SARIE
    Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
    Sien meer
    SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
    SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
    Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
    Begin lees