’n Lekker hulpmiddel om grimering aan te sit en vir koddige werkies oral in die huis.
Maar moet dit nooit, ooit in jou oorkanaal steek nie. (Of enige ander opening nie.) Jy stoot die oorwas net dieper in. Boonop kan ’n ongeluk gebeur en jou trommelvlies laat bars.
Oorwas is deel van jou liggaam se natuurlike verdediging en nie ’n teken van siekte nie.