Watter soort vleis is gesonder?

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Wat is gesonder? Beesvleis, skaapvleis of hoender? FOTO Unsplash
Wat is gesonder? Beesvleis, skaapvleis of hoender? FOTO Unsplash

Nog ’n woordjie oor die vet-debat ... Dit gaan nie altyd net oor hoeveel vet jy eet nie, maar ook watter vet, sê Mariza van Zyl, geregistreerde dieetkundige by Beter Eet Voeding en Voedsel Konsult in die Paarl. Sy beroep haar op onder meer onlangse Australiese navorsing.

Daarvolgens verhoog “voerkraal”-diere se vet en vleis laegraadse chroniese inflammasie in jou lyf. En vrylopende diere s’n nie.Weens die Westerse mens se verkeerde leefstyl, is ons liggame byna soos ’n oond wat nie heeltemal afskakel nie. Jou liggaam “veg” dus heeltyd, asof jy ’n bietjie koorsig is. En chroniese inflammasie is een van die onderliggende oorsake vir die toename in siektes soos vetsug, diabetes, hartsiektes en selfs kanker. Weens die voer wat hulle eet, bevat voerkraal-diere se vleis meer omega 6-vette. Westerse mense kry te veel omega 6-vette in, wat die balans tussen omega 3- en omega 6-vette versteur. Dié balans is noodsaaklik om inflammasie hok te slaan. Die vleis van diere wat vry loop en gras vreet, bevat meer omega 3-vette.

Hoender kry gewoonlik antibiotika as groeistimulant, behalwe as dit vrylopend is. Die opbouende newe-effek van antibiotika in ons voedselketting moet nie onderskat word nie. In Suid-Afrika is 85% van die skape vrylopend. Koop dus vleis van Karoo- of ander vrylopende skaap. Sny oortollige vet af, moenie gebrande vleis eet nie en kook met heelwat kruie, soos roosmaryn, om inflammasie te help hokslaan.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
JONGSTE UITGAWE

NOVEMBER/DESEMBER 2021

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees