Jy reken dalk: Vat my soos ek is. Ek is rêrig te oud om my te bekommer oor wat mense van my dink. Maar om mense na jou toe aan te trek (innemendheid of op Engels likeability) is belangrik vir talle aspekte van jou lewe, soos jou werk, verhoudings en persoonlike groei.
Dis boonop iets wat aangeleer en geslyp kan word, nes enige ander vaardigheid.
Mense hou oor die algemeen van jou as hulle gemaklik in jou teenwoordigheid voel, volgens Norman Vincent Peale in The Power of Positive Thinking. Jy het ook die vermoë om hulle te laat voel hulle is belangrik, dat jy hulle waardig ag.