Só bly dié bekendes gesond

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Aktrise Pascal Pienaar
FOTO Instagram / @pascalie
Aktrise Pascal Pienaar FOTO Instagram / @pascalie
Het jy oefen-inspirasie nodig? Ons het vir drie plaaslike bekendes gevra hoe hulle dit regkry om gesond en aktief te wees.

Dié artikel is oorspronklik in 2017 gepubliseer.

Om te oefen en ’n gesonde leefstyl te lewe is nie altyd maklik nie. Maar dat dit ’n magdom voordele vir jou liggaam en verstand inhou is ’n feit. Gereelde oefening word gekoppel aan ’n beter geheue, kan jou laat ontspan én ongesonde kos-cravings hokslaan. Selfs net ’n paar minute se aktief-wees per dag kan reeds ’n verskil maak.

Het jy oefen-inspirasie nodig? Ons het vir drie plaaslike bekendes gevra hoe hulle dit regkry om gesond en aktief te wees.

Milan Murray, aktrise

My filosofie vir gesondheid en welstand is: Wees gelukkig. Elke Desember verkyk ek my aan die mense op die strand. En die mooiste mense is dié wat lag. Die bikini sit dalk bietjie styf, maar sy lag uit haar maag uit. Dís vir my gesond wees. En as ’n “six-pack” en gespierde arms jou gelukkig maak, gaan daarvoor!

Só bly ek aktief:

Wanneer dit kom by oefening het ek elke nou en dan ’n behoefte aan iets nuut. Twee jaar gelede het ek net gehardloop. Twee jaar voor dit het ek net joga gedoen. Vanjaar boks ek. Ek geniet dit verskriklik en ek werk na “Madonna”-arms!

Jana Kruger, aktrise

Ek het vroeër in my lewe hard gegim sodat ek tevrede met my uiterlike kan wees, maar my intensie en ingesteldheid was verkeerd. My gedagtes was gevul met alles wat ek nie wou wees of hê nie, in plaas van om te fokus op dit wat goed voel en uit ’n plek van liefde kom. Daarom glo ek ons almal het ’n verhouding met ons fisiese self wat jy met liefde moet kweek. Jy moenie oefen om byvoorbeeld net goed te lyk nie, maar ook om na jou liggaam om te sien en die effek van goed voel te ervaar.

Só bly ek aktief:

Ek is tans ’n jong ma en draf ’n groot gedeelte van die dag rond om kinders te versorg en ’n huishouding te hardloop. Ek speel ook graag saam met my kinders soos om te swem, op ’n springmat te spring, boom te klim en selfs soos diere hande-vier-voet te loop.

Pascal Pienaar, aktrise

Ek is glad nie iemand vir roetine nie en glo daarin om dinge interessant te hou. Die een week is ek verslaaf aan oefen en die volgende week aan sjokolade. Mens moet aktief wees, maar ook tyd maak vir rus en die klein plesiertjies van die lewe (soos ’n glas wyn of ’n lekker nagereg).

Só bly ek aktief:

Ek is baie lief vir stap en probeer om ten minste vier dae ’n week saam met my buurvrou en vriendin te gaan stap. Ons geselsies is ook goed vir my siel. Ek probeer ook om een keer ’n week te swem of joga te doen, of ’n dansklas by die gim by te woon.

Bly aktief met SARIE Draf Dit Af

400+ mense. Dis hoeveel lesers al by #SARIEDrafDitAf aangesluit het. Hoekom? Diëte werk nie – leefstylveranderinge wel! Dié oefen- en eetplanne is ontwerp deur kenners, die maaltydplan is ontwerp sodat jy in beheer kan wees van alles wat jy eet, en die oefenplan sal jou wys waartoe jy in staat is. Teken in vir ’n eenmalige koste by www.sariedrafditaf.co.za. Die aanlyn-platform is geskik vir mans en vroue van alle ouderdomme en liggaamstipes.

JONGSTE UITGAWE

NOVEMBER/DESEMBER 2021

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees