book-icon Uitgawe November / Desember 2021

Sportsterre se hoë stresvlakke

akkreditasie
Tennisster Naomi Osaka (links) en Olimpiese gimnas Simone Biles

FOTO'S Instagram / @naomiosaka / @simonebiles
Tennisster Naomi Osaka (links) en Olimpiese gimnas Simone Biles FOTO'S Instagram / @naomiosaka / @simonebiles

Almal was verbaas oor hoe vinnig dinge klaarblyklik vir Naomi Osaka uitgerafel het. Die 23-jarige tennisster en viermalige Grand Slam-wenner is ’n bemarkingsupernova en kulturele ikoon. Met 1,2 miljoen volgelinge op Twitter en 2,8 miljoen op Instagram, is sy een van die wêreld se vyftig mees bemarkbare atlete, volgens ’n Nielsen-verslag in 2020.  Maar die voetstuk waarop die wêreld haar plaas, het onlangs erg gewankel. Sy het onder kritiek deurgeloop toe sy tydens die Franse Ope vanjaar kontraktuele mediaverpligtinge ontduik het – en haar psigiese gesondheid as rede genoem het. Sy is met ’n boete op die vingers getik, waarna sy haar aan die toernooi onttrek het.

Sedertdien het sy nog nie weer haar ewewig herwin nie. Sy het nie aan Wimbledon deelgeneem nie en is vroeg by die Olimpiese Spele in Tokio en die Amerikaanse Ope uitgeskakel.

Die tenniswêreld het in ongeloof toegekyk toe sy in New York haar raket neergooi, ’n bal tussen die skare inslaan en daarna uitgejou word. ’n Emosionele Naomi het agterna gesê sy dink sy gaan tennis eers ’n ruk lank los.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
JONGSTE UITGAWE

Januarie/Februarie 2022

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees