book-icon Uitgawe Julie/Augustus 2021

Van Zoom tot Botox: Vroue trap dokters se drumpel deur

akkreditasie
FOTO Unsplash
FOTO Unsplash

Jy sit op jou rusbank, jou hond by jou voete, en maak Zoom oop vir jou eerste vergadering van die dag. Jy’t ’n netjiese werktoppie aan, maar ’n sweetpakbroek en pantoffels daarby – hoe lekker is dit nie soms om in hierdie tye van die huis af te werk nie! Dan begroet ’n vreemde gesig jou. Jou eie, maar nie soos jy dit ken nie. Jou neus lyk groter en trek skeef as jy lag, daar is sakke onder jou oë, en die plooie op jou voorkop lyk asof hulle hul eie skadu’s gooi.

En soos die vergadering aangaan, keer jou oë heeltyd terug na jou gesig wanneer jy dink niemand kyk nie. Lyk jy nog altyd so, of is dít wat die stres van die pandemie aan jou gedoen het?

Vir Natalie, ’n sakekonsultant van Pretoria, het dié beeld “redelike spanning” begin veroorsaak. “Groepsopleiding oor leierskap en spanwerk is deel van my werk en ek het oor Zoom begin klasse aanbied toe kantore sluit. In my beroep is dit belangrik dat ek professioneel lyk. Gesaghebbend. Ek het dit begin verpes om myself op die rekenaarskerm te sien. Voorheen het ek nie besef hoe krom my neusbrug is en hoe deurmekaar my hare lyk nie. En as ek net ’n bietjie minder as agt uur geslaap het, was my oë pofferig.”

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
JONGSTE UITGAWE

SEPTEMBER/OKTOBER 2021

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees