5 verskuilde voordele van water

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
FOTO Unsplash
FOTO Unsplash

Jou tikker hoef nie so hard te werk as jy genoeg water drink nie. As jy net effens ontwater is, affekteer dit jou bloedvate (sodat dit minder elasties is). Dit kan ook veroorsaak dat daar minder bloed in jou lyf is, wat jou bloeddruk kan verlaag en hartspoed verhoog. Sowat 15-20 minute nadat jy genoeg water gedrink het, werk als weer klopdisselboom.

Jou gewrigskraakbeen bestaan uit sowat 80% water en kan bydra om skokke te absorbeer en been-teen-beenbewegings gladder te maak. Water kan ook ’n teenvoeter vir jig (’n pynlike gewrigstoestand) wees. Dit help om gifstowwe, wat jou gewrigte kan laat ontsteek, uit jou liggaam te spoel.

Jou brein is afhanklik van vloeistof om behoorlik te werk. Daarsonder onthou en konsentreer jy nie so goed en dink jy nie so helder nie. Dis inderdaad een van die beste voorspellers van ’n swakker geheue en afname in breinkrag, volgens Europese navorsing. En jy hoef nie eens kwaai ontwater te wees om die effek te ervaar nie.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
JONGSTE UITGAWE

Januarie/Februarie 2022

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees