Hier’s 5 redes hoekom jy jou Herfs-uitgawe van SARIE KOS móét kry!

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ons vier die Afrikaanse kos-ikoon se 70ste uitgawe in ’n nuwe baadjie.

’n Splinternuwe SARIE KOS is hier. Groter en voller, 156 blaaie van inspirasie, 75+ resepte en ’n bêreboek met storiemooi-inhoud.

Soos Herman Lensing in sy redakteursbrief sê: “Ek was nog altyd een vir ’n seremonie . . . Ek hou daarvan om elke oomblik in my lewe te vier. Veral groot oomblikke, dan gaan ek gróót! Want ons moet trots wees op alles wat ons doen. Elke taak of mylpaal – groot of klein – verdien ’n viering. Dit motiveer ons om harder te werk sodat die suksesse groter en beter sal wees.”

  • Kry jou kopie by jou naaste winkel of bestel dit aanlyn hier.

Hier’s 5 redes hoekom dié uitgawe in jou kombuis hoort:

1. Kookklas: ‘Stiekyt’ met sjokolade

Wie kan nee sê vir sjokoladekoek? Net die woord is genoeg om ons te verlei. Skink vir jou ’n koppie tee en vier ons 70ste uitgawe saam met ons met een van drie spogkoeke vol ryk geure soos dié sjokolade-meringuekoek. Ons leer ken ook die karakters in Stiekyt en hul grootste kosgeheime

Sjokolade-meringuekoek
Sjokolade-meringuekoek. FOTO Michael le Grange.
Miss Kiwi Polish (Herman Lensing)
Miss Kiwi Polish. FOTO Herman Lensing.

2. Dis droog, maar lekker

Droëvrugte is propvol geure en smake met ’n skatkis van gebruike. Kyk gerus ’n bietjie verder as bloot perske en sultanas en ontdek heerlike resepte met die vrugte uit die spens soos dié Lamtagine. Hierdie bredie uit Noord-Afrika word tradisioneel in ’n kegelpot soos die een op ons foto gestowe, maar jy kan dit ook in ’n gewone pot gaarmaak, die smake is dieselfde.

Lamtagine
Lamtagine. FOTO Michael le Grange.

3. Appel nooit ver van die pot

Net so vars van die boom af is ’n appel heerlik en sommer ’n hele maaltyd op sy eie. Maar dié paradysvrug is ewe lekker as puree, sap of gebak in soet tot sout geregte.

Appel-tarte tatin
Appel-tarte tatin. FOTO Michael le Grange.

4. Die soete suur van asyn

Hierdie frikkadelle is vol geur wat jou hart sal steel. Die geheim is die kombinasie van vark- en beesvleis.

Balsemasyn-frikkadelle
Balsemasyn-frikkadelle. FOTO Michael le Grange.

5. Kook en kuier met ICA

“Toe ek 16 jaar gelede by die Institute of Culinary Arts op Stellenbosch begin studeer het, kon ek net droom oor ’n kosloopbaan soos myne. My belofte aan myself is om altyd terug te ploeg sodat ons nuwe talent kan laat blom. Ons vier ons 70ste uitgawe saam met Letitia Prinsloo, hoof van die sjefskool, terwyl ek tafel dek en die studente kook,” vertel Herman Lensing.

Loer hier vir ’n kykie agter die skerms:


Spesiaal vir jou

Net betyds vir die seisoen vol hartlike geregte! ’n Pragtige emalje-bord saam met SARIE KOS se 70ste uitgawe, ontwerp deur die SARIE-span teen ’n spesiale aanbod. Daar is 4 verskillende ontwerpe om van te kies – watter een is jou gunsteling?

  • Maak gou daar is net 5 000 oor die land versprei.
 Lekker kook en geniet ons nuwe, groter SARIE KOS.
JONGSTE UITGAWE

Julie/Augustus-uitgawe

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees