Dit proe soos huis: Episode 4 + Ingrid se roly-poly

akkreditasie
Herman Lensing bring hulde aan sy ma met sy nuwe kosprogram, Dit proe soos huis. Deur haar resepte probeer hy troos vind en herontdek die smake en geure van sy grootwordjare. Hy kook ook saam met ander bekendes wat hul onthou-stories en nostalgiese geregte deel. Hier deel ons die roly-poly uit episode 4.

Episode 4:

Ná die verlies van sy ma vier Herman Lensing haar lewe en liefde vir kos in ’n plattelandse kombuis naby Malmesbury. Ingrid Jones kuier in Episode 4 by hom en saam maak hulle kos wat proe soos huis.

Ingrid Jones se Roly-Poly
Ingrid Jones se Roly-Poly

Roly-Poly

Die resep kom uit Ingrid Jones se ma se Kook en Geniet. Dis nostalgies lekker!

genoeg vir 6

Poeding

  • 125 ml (½ k) botter
  • 560 ml (2¼ k) koekmeel
  • 10 ml (2 t) bakpoeier
  • 125 ml (½ k) suiker
  • 3 eiers
  • 125 ml (½ k) appelkooskonfyt

Sous

  • 1 ½ koppie kookwater
  • 1 koppie suiker
  • 2 eetlepels botter

Verhit die oond tot 180 °C. Meng al die bestanddele vir die sous saam. Vryf die botter in die meel en bakpoeier wat saam gesif is tot dit lyk soos growwe broodkrummels. Voeg die geklitste eiers by en genoeg melk om 'n stywe deeg te maak. Rol die deeg dun uit op meelbestrooide werkvlak tot sowat 2 mm dik en smeer appelkooskonfyt daaroor. Rol dit dan op soos 'n jamrol en sit in 'n lang, hittebestande bakskottel. Gooi die sous oor die rol en bak dit 1 uur lank in 'n matige oond tot goudbruin en gaar. Sif versiersuiker oor en sit voor.

Kyk die proe soos huis op VIA-tv (kanaal 147):

Maandag om 17:30 met

Heruitsending op Maandae om 11:30 en 23:30, Woensdae om 19:00 en Sondae om 16:30

JONGSTE UITGAWE

November/Desember-uitgawe

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees