Herman se mikro-geheime: Rushney oor kamp

akkreditasie
In die jongste episode van Herman se mikro-geheime, berei Herman Lensing, SARIE Kosredakteur, kampkos vir die danser, sanger en aktrise Rushney Ferguson voor. En ja, áls word gemaak in die mikrogolf!

Ons gesels met Rushney oor haar tyd op die program. 

KOS
FOTO Verskaf

1. Wat was vir jou die lekkerste oomblik op die program? Het jy iets nuuts by Herman geleer?

Ek het dit geniet om die kos aan die einde te eet! Om te sien hoe dit gemaak word en die reuke wat uit die kombuis gekom het, het my mond laat water. So dit was regtig 'n bederf om teen die einde die kos te kon eet. 

Ek het geleer dat 'n mens 'n hele maaltyd in die mikrogolfoond kán kook en dit smaak ongelooflik! Van kleintyd af word ons geleer dat mikrogolwe daar is om reeds gekookte kos op te warm en nie om maaltye van te kook nie, dit was wonderlik om dit te aanskou.

2. Kamp jy graag, en as ja, wat geniet jy die meeste daarvan?

Om eerlik te wees, hou ek nie eintlik baie van kamp nie, maar ek hou tog daarvan om in die natuur te wees. Ek het eintlik nog nooit behoorlik gekamp nie, maar ek was al saam met my gesin op sulke daguitstappies. Ek hou meer daarvan om binnenshuis te wees. "Glamping" aan die ander kant kan ek doen. Dis baie minder rugged en meer "glansryk".

3. Jy gaan kamp die naweek. Watse drie vriende gaan saam met jou & watse drie items vat jy saam?

Ek het 'n taamlike hegte gesin, so ek sal my partner, my broer en my suster saam vat. Afgesien van die kampgoed, is my drie noodsaaklikhede 'n boek, my kamera en 'n stel domino's.

4. As jy enige plek oor die wêreld kan reis vir 'n kulinêre ervaring, watse land sal jy besoek?

Ons is geneig om na ander lande te reis vir hul kos en wyn, maar tog het ons wonderlike kookkuns hier. Ek het nog net die oortjies van die seekoei ervaar as dit by ons plaaslike kookkuns kom, so ek dink ek sal eers hier begin. 

5. Waarsonder kan jy nie in die kombuis klaarkom nie?

Knoffel, beslis knoffel. 

Blitsvrae vir Rushney

Boerewors of tjops? Tjops

Kampeer of in 'n hotel bly? Hotel

Stoof of mikrogolf? 'n Drukkoker ;-) 

Springmielies of tjips? Tjips

Resep uit VIA-episode

My ma se saadbrood met konfyt

KOS
FOTO Verskaf

Hierdie resep kom net so uit my ma se notas. Sy het die brood by elke braai by die see gemaak.

Lewer 1 brood

  • 250 ml Nutty Wheat
  • 250 ml koek of broodmeel
  • 10 ml koeksoda
  • 5 ml sout
  • 12,5 ml melk
  • 12,5 ml heuning, bruinsuiker of melasse
  • 12,5 ml kanola-olie
  • 500 ml Griekse jogurt
  • hand vol gemengde sade

1. Meng al die bestanddele behalwe die sade en skep in ’n gesmeerde pan.

2. Sprinkel die sade oor.

3. Mikrogolf 11-14 minute op medium-hoog

Kry die episode se volledige resepte op VIA se amptelike blad - klik hier

JONGSTE UITGAWE

SEPTEMBER/OKTOBER 2021

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees