Ontdek jou aanlyn kookskool

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
FOTO Unsplash
FOTO Unsplash
Van die towerkrag van die eenvoudige eier en smelt-in-die-mond broskors tot fluweelgladde, glansende souse en pasta-tegnieke. Leer kook en bak soos ’n sjef en raak slimmer met SARIE – alles in die gemak van jou eie kombuis!

SLIMMER MET SARIE is ’n aanlyn projek wat elke entoesias die kans gee om meer te leer oor jou stokperdjie of om nuwe vaardighede baas te raak.

In dié kursus rus Herman Lensing, kosredakteur van SARIE en SARIE KOS, en 13 kenners jou toe met 13 onontbeerlike tegnieke: Hoe fileer jy vis, ontbeen jy ’n hoender of hoe verhef jy die nederige aartappel tot bistroperfeksie? Selfs hoe om die regte (en beste) mes vir die werk te kies. Herman leer jou alles – al die moets en moenies en ’n hele paar wenke wat kook en bak makliker maak.

nic van wyk
Nic van Wyk deel sy sjeftruuks uit die bistro soos om sygladde kapokaartappels te maak, of om eendvet te gebruik vir braai-aartappel FOTO Willem Lourens
Farzana Kumandan
Kenner Farzana Kumandan is jou toergids deur die speseryrak, ’n ware speseryfluisteraar wat die misterie uit als van jeera tot barishap neem. FOTO Willem Lourens

Onthou net, hierdie is nie ’n gewone kosdemonstrasie nie, jy leer die beginsels van kook en bak. Dit vorm die grondslagtegnieke waarsonder geen sjef in die kombuis sal regkom nie.

Klasse is nou oop! Skryf hier in.

Teen R950 kry jy die volgende

  • ’n Volle kursus van 13 klasse, elkeen met 3 videolesse
  • ’n Handleiding om af te laai en uit te druk
  • Onbeperkte toegang tot die kursus vanaf jou rekenaar, tablet of slimfoon
  • Jy kan werk teen jou eie tempo
pasta
Sophia Loren het immers gesê “alles wat ek is het ek te danke aan pasta.” In die pasta-klas word jou kombuis ‘n cucina en jou pastadisse delizioso! FOTO Michael le Grange
croissant
Bemeester eeuoue gelamineerde deegtegnieke en loer deur die oonddeur te hoe die croissants en Deense gebak goud word. FOTO SARIE KOS

"Ek deel meer as net lekker resepte in hierdie kursus. Dit gaan oor die dieper lesse wat met wysheid kom. Ontspan, want in hierdie kookklasse is daar nie ’n klomp teorie of kwaai lektore wat punte gee nie." - Herman Lensing

JONGSTE UITGAWE

NOVEMBER/DESEMBER 2021

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees