Slimmer met SARIE: Klas 3 – aftreksels en souse

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Bemeester die basis van ’n goeie sous, jou sleutel tot diep, ryk geure.

Foto: Yente van Eynde/pexels.com
Foto: Yente van Eynde/pexels.com

Aftreksels en souse

Murgbene, groente en ’n kruiebossie  – van die eenvoudigste tot die mees komplekse sous begin by dieselfde basiese boustene. Leer by Eat Out-bekroonde sjef Carmen Muller die geheime van haar souse se diep, ryk geure. 

Ontdek die vreugde van tuisgemaakte aftreksel en gebruik dit soos Herman om ’n goeie risotto te verhef tot iets onvergeetliks.

Bemeester ’n fluweelgladde witsous en maak vriende met jus vir die Sondagskaapboud.

Kenner Carmen Muller

Kookklas met Herman Lensing
FOTO Willem Lourens

Dié sjef het in 2015 die Eat Out Rising Star-toekenning ontvang en haar aansien as kreatief, energiek en tegnies uitmuntend bevestig.

Sy het haarself al bewys by Terroir, Rupert & Rothschild, Towerbosch, Viande en Simonsig.

Die maak van aftreksels is haar gunstelingkombuisritueel en souse met ’n titsel saffraan hier en ’n spatsel sjerrie daar haar superkrag. Vergeet van leermeesters wat perfeksie en kompleksiteit soek, want Carmen glo selfs die mees basiese aftreksel en eenvoudigste sous verhef ’n bord kos tot die volgende vlak.

Sy benut elke deel van die plant of dier en maak daarmee die lekkerste kos.

  • SARIE-kosredakteur Herman Lensing delf in dié aanlyn kookkursus saam met ’n span kenners in 13 onderwerpe. Hy deel jare se ervaring en rus tuiskokke toe met vaardighede wat die genot van kosmaak na ’n nuwe vlak neem. Teken in vir dié Kookklasse met Herman Lensing by slimmermetsarie.co.za.
Heerlike resepte spesiaal vir jou

SARIE het resepte vir elke voorkeur en elke geleentheid. Klik hier vir meer.


JONGSTE UITGAWE

Julie/Augustus-uitgawe

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees