Slimmer met SARIE: Klas 4 – seekos en vis

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Kies volhoubaar by die vistoonbank en berei dit soos ’n gesoute sjef.
Foto: RODNAE Productions/pexels.com
Foto: RODNAE Productions/pexels.com

Seekos en vis

Ons land se twee oseane beloon visliefhebbers met ’n rykdom van vis, seekos en skulpvis. Maar nie almal ken ’n geelbek van ’n geelstert of wildemossels van geboerdes nie.

Mosselfoendi en seekoskenner Nico Prins help jou om die volhoubaarste en varsste by die vistoonbank te kies en dit reg te verkoel.

Kyk hoe om oesters oop te maak, leer by Herman vis fileer soos ’n gesoute sjef en hoe jy die essensie van die see in ’n fluweelgladde, ryk bisque vasvang.

Kenner Nico Prins

Kookklas met Herman Lensing
FOTO Willem Lourens

Nico het sy passie vir die see en die bewaring daarvan in ’n loopbaan omskep.

Hy is die voorsitter van BSASA (die vereniging vir mossel- en oesterboere in SA) en by Blue Ocean Mussels op Saldanha in die Kaap is hy betrokke by elke stap om begeerlike seekos vars van die water na die tafel te bring.

Met seewater in sy bloed ken hy die kunsies van vis, hoe om te weet of dit vars is en hoe om dit te verwerk, van die vlek tot die voorsit.

  • SARIE-kosredakteur Herman Lensing delf in dié aanlyn kookkursus saam met ’n span kenners in 13 onderwerpe. Hy deel jare se ervaring en rus tuiskokke toe met vaardighede wat die genot van kosmaak na ’n nuwe vlak neem. Teken in vir dié Kookklasse met Herman Lensing by slimmermetsarie.co.za.
Heerlike resepte spesiaal vir jou
SARIE het resepte vir elke voorkeur en elke geleentheid. Klik hier vir meer.


JONGSTE UITGAWE

Julie/Augustus-uitgawe

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees