Lise Tredoux van Somerset-Wes het ’n oplossing vir hierdie probleem. Haar splinternuwe Dis BAIE lekker is ’n gesins-resepteboek, met meer as 50 resepte, wat ouers en kinders aanmoedig om hul eie gesamentlike kook-avonture te onderneem.
Vir ongeveer agt jaar was Lise voltyds betrokke by Volwasse Menswees, ’n organisasie sonder winsoogmerk wat fokus op persoonlike groei in jou menswees en verhoudinge.
Tydens hierdie tyd het sy die voorreg gehad om na Oekraïne, Engeland en Egipte te reis. Dis veral Oekraïne wat diep spore in haar hart gelos het. Daar het sy baie tyd in die kombuis spandeer en ook haar liefde vir bak en brou ontdek. Sy het ook hier haar eetsteurnis gekonfronteer en oorwin