Tuiskokke! Raak Slimmer met SARIE!

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister
Of jy nou wil leer hoe om vis te fileer, ’n hoender te ontbeen of om tuisgemaakte pasta te maak, dié aanlyn kookkursus met Herman Lensing bevat alles wat jy moet weet oor kook en bak.

Jy het al sy resepte in SARIE en SARIE KOS bewonder en hom op TV gesien, nou kry jy die kans om deur Herman Lensing en ’n handvol kenners touwys gemaak te word. Skryf nou in vir die aanlyn kookkursus by SLIMMER MET SARIE.

SLIMMER MET SARIE is ’n splinternuwe aanlyn projek wat elke entoesias die kans gee om meer te leer oor hul stokperdjie of die geleentheid gee om nuwe vaardighede baas te raak. In ons eerste kursus rus Herman Lensing, kosredakteur van SARIE en SARIE KOS, en ’n paar ander kenners jou toe met 13 onontbeerlike tegnieke. Herman gaan jou moeilike sjeftegnieke leer sodat jy dit in jou huiskombuis kan oefen. Hierdie is nie ’n gewone kosdemonstrasie nie; hierdie is die beginsels van kook en bak. Dit is die grondslagtegnieke waarsonder geen sjef in die kombuis sal regkom nie.  

Van aartappels tot pasta en van eiers tot hoender word bespreek. Al die moets en moenies en ’n hele paar wenke wat alles net makliker in die kombuis maak. Die klasse is nie chronologies nie en jy kan dus enige van die klasse kyk soos jy dit nodig kry. 

Hoe fileer jy vis, ontbeen jy ’n hoender of wat is die lekkerste gnocchi-tegnieke? Herman leer jou alles. Selfs hoe om die regte (en beste) mes vir die werk te kies. 

Dié kookklas bevat 13 klasse wat elkeen uit 3 video's bestaan:

  • ’n Kenner skop die klas af deur agtergrond te gee oor die spesifieke onderwerp en hul kennis te deel. 
  • Herman wys hoe jy hierdie toepas op ’n gevorderde resep en gebruik die tegnieke wat jy ook gaan bemeester.
  • Laastens deel Herman ’n geliefde resep wat ons as “huiskos” ken en wys jou hoe jy dit wat jy geleer het, kan gebruik in jou alledaagse staatmaker-resepte.

Laastens kry jy ’n kort omvattende handleiding ná elke klas. Hierdie kan jy aflaai en op jou rekenaar stoor (en later uitdruk), sodat jy altyd daarna kan verwys as jy tegnieke en resepte wil toets sonder die hulp van die video’s. 

Die kursus kos net R950. Jy betaal net eenkeer en het dan toegang tot die kursus soos jy dit nodig kry. Jy meld net met jou wagwoord en e-posadres aan. Teken in by slimmermetsarie.com.

JONGSTE UITGAWE

SEPTEMBER/OKTOBER 2021

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees