book-icon Uitgawe SARIE KOS Herfs 2021

RESEP: Kruiehoender met neutkrummels

akkreditasie
FOTO Michael le Grange
FOTO Michael le Grange

genoeg vir 4-6

PISTASIENEUT-EN-KRUIEKORS

Sit hoender velkant na onder op werkvlak neer en vou oop sodat die vleiskant (waar die bene was) na jou toe wys. Geur goed met sout en peper. Pak repe spek oor hele hoender, krummel feta oor en sit basilieblare stingel en al bo-op. Vou hoender toe sodat vulsel dit weer vorm gee en bind reg rondom vas met stukke kombuistou. Draai hoenderrol toe in ’n paar lae kleefplastiek en maak seker dat die plastiek dig seël. Draai nou die rol toe in aluminiumfoelie. Bring pot met water tot kookpunt en kook toegedraaide hoenderrol vir 25 minute. Kruiekors Kap intussen die neute, kruisementblare, brood en pietersielie vir kors fyn in voedselverwerker. Voeg gesmelte botter en knoffel by. Geur met sout en peper. Verwyder hoenderrol uit water en laat afkoel. Verhit solank oond tot 180 °C. Haal hoender uit foelie en kleefplastiek en plaas met naatkant na onder in ’n oondroosterpan. Druk kors stewig om hoender vas. Rooster vir 20-25 minute of tot kors goudbruin is en die hoendersappe helder uitloop. Sit warm voor met kruiesous (sien wenk).

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
JONGSTE UITGAWE

NOVEMBER/DESEMBER 2021

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees