book-icon Uitgawe SARIE KOS Herfs 2021

Ystervarkie-koekies vir die somervakansie

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
FOTO Michael le Grange
FOTO Michael le Grange

Die Amerikaners noem hierdie koekies crackle Tops – na aanleiding van die krake wat vorm terwyl die koekie bak. Die klapper rondom en die sjokoladehart binne gaan maak dat jy nie genoeg hiervan kan kry nie.

genoeg vir 30 koekies

Plaas strooisuiker, botter en vanieljegeursel in middelslagmengbak en klits tot sagte mengsel. Voeg eiers een vir een by en klits goed ná elke byvoeging. Voeg koekmeel, kakao en bakpoeier by en meng tot sagte deeg. Plaas deeg in yskas vir 3 uur. Verhit oond tot 180 °C. Voer twee bakplate met bakpapier uit en spuit goed met kleefwerende kossproei. Rol koue deeg in okkerneutgroot balletjies. Meng versiersuiker en klapper. Rol balletjies in die mengsel en maak seker elkeen is reg rondom bedek. Pak sowat 2 cm uitmekaar op bakplate. Bak vir 12-15 minute of tot koekies gebars het. Laat afkoel op die bakplaat. Bêre in lugdigte houer of sit dadelik voor.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
JONGSTE UITGAWE

Januarie/Februarie 2022

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees