book-icon Uitgawe SARIE KOS Herfs 2021

RESEP: Ystervarkie-rolkoek

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
FOTO Michael le Grange
FOTO Michael le Grange

genoeg vir een 20 cm-rolkoek

STROOP

Verhit oond tot 180 °C. Klits eierwitte tot sagte punte vorm. Gooi helfte (125 ml) van strooisuiker geleidelik by terwyl jy aanhou klits tot blink en styf. Klits eiergele en res van strooisuiker in ’n aparte bak tot lig en skuimerig. Vou eierwitte by eiergeelskuim in. Vou dan koekmeel en bakpoeier in met metaallepel. Voer bakplaat van 20 x 18 cm met bakpapier uit en spuit goed met kleefwerende kossproei. Skep koekbeslag in pan en smeer gelyk met slaplemmes. Sprinkel neute oor. Plaas in warm oond en bak vir 15-20 minute of tot goudbruin. Plaas klam kombuisdoek op werkvlak en sprinkel 80 ml suiker oor. Keer koek uit op suiker en verwyder bakpapier. Rol koek stewig op met behulp van klam doek. Laat afkoel. Rol oop en smeer met karamelkondensmelk. Rol weer op en plaas in yskas vir 1 uur. Stroop Bring al die bestanddele behalwe die klapper tot kookpunt in kastrol en laat kook vir 2 minute – die pot moet groot genoeg wees sodat die koek in die lengte kan inpas. Plaas gevulde rolkoek met behulp van eierspane in stroop vir 30 sekondes. Lig uit stroop en rol in klapper.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
JONGSTE UITGAWE

NOVEMBER/DESEMBER 2021

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees