book-icon Uitgawe SARIE KOS Herfs 2019

30 minute: Romerige ertjie-spek-en-eierpasta

akkreditasie
Romerige ertjie-spek-en-eierpasta FOTO Willem Lourens
Romerige ertjie-spek-en-eierpasta FOTO Willem Lourens
’n Goedkoop ete wat jy tjop-tjop met 7 bestanddele aanmekaarslaan. Dis altyd ’n wenner!
Verhit 30 ml olyfolie tot warm in groot pot. Braai 1 fyngekapte ui en 250 g blokkiespek tot spek bros is. Maak 1 x 400 g-pak spaghetti gaar volgens aanwysings op die pak terwyl spek braai. Gooi 250 ml room by spekpot. Laat kook 5 minute. Voeg 500 g ertjies by en bring weer tot kookpunt. Verwyder van hitte en hou eenkant. Dreineer pasta, sprinkel skeut olyfolie oor en hou eenkant. Bring weer water tot kookpunt in pastapot en kook 6 eiers 6 minute vir sag of langer, soos jy verkies. Dop eiers af. Meng gaar pasta met ertjiesous. Skep in opdienbak. Halveer eiers en pak bo-op. Sprinkel 50 g gerasperde parmesaan-kaas oor. Sit voor. 
JONGSTE UITGAWE

NOVEMBER/DESEMBER 2021

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees