book-icon Uitgawe SARIE KOS Herfs 2019

30 minute: Varkworskerrie

akkreditasie
Varkworskerrie FOTO Willem Lourens
Varkworskerrie FOTO Willem Lourens
Hierdie staatmaker is gereeld op my middel-van-die-week-spyskaart.

genoeg vir 4

Verhit 45 ml olyfolie tot warm in groot pot. Braai 1 fyn gekapte ui, 2 gekapte knoffelhuisies, 2 cm-stuk fyngerasperde gemmer en 45 ml matige kerriepoeier sowat 1 minuut saam. Voeg 1 x 410 g-blik klapperroom en 1 x 410 g-blik gekapte tamaties by. Meng deur en bring tot kookpunt. Laat prut 10 minute of tot geurige sous vorm. Voeg 30 klein varkworsies (chipolatas) by en laat kook nog 10 minute of tot worsies gaar is. Geur met sout en peper. Sit voor met jogurt en vars koljander. 

JONGSTE UITGAWE

NOVEMBER/DESEMBER 2021

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees