
genoeg vir 12
• 280 g (500 ml) koekmeel
• 10 ml bakpoeier
• 10 ml koeksoda
• 5 ml sout
• 200 ml strooisuiker
• 2 eiers
• 750 ml karringmelk
• 60 ml botter, gesmelt
• 2 koppies bloubessies, vars of bevrore
• gouestroop of heuning vir voorsit
Sif koekmeel, bakpoeier, koeksoda, sout en strooisuiker saam. Klits eiers, karringmelk en gesmelte botter saam. Voeg by droë bestanddele en meng goed. Vou bloubessies by. Verhit kleefvrye braaipan tot warm en skep lepels vol van die beslag in die pan. Braai stadig tot die oppervlak vol lugborrels is. Draai om en braai verder tot goudbruin en gaar. Sit voor met gouestroop of heuning.