Argentynse karamel-pannekoek

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
FOTO: Donna Lewis
FOTO: Donna Lewis

Gedagtes aan Argentinië laat my altyd dadelik karamel proe. Tradisioneel sal jy dulce de leche hier kry, wat gemaak word van melk wat tot ’n goue karamel afgekook word. 

genoeg vir 12

• 500 ml melk

• 3 eiers

• 280 g (500 ml) koekmeel

• 100 g (125 ml) strooisuiker

• 10 ml fyn kaneel

• sonneblomolie vir braai

• 250 ml sjokoladeneutsmeer (Nutella)

SOUS

• 1 x 360 g-blik karamelkondensmelk

• 100 ml melk

Plaas melk, eiers, koekmeel, strooisuiker en kaneel in groot bak en meng met draadklitser tot gladde beslag. Laat rus in yskas vir 1 uur. Terwyl beslag rus, maak solank die sous. Bring kondensmelk en melk tot kookpunt en roer oor lae hitte tot gladde sous. Verhit kleefvrye pan van 25 cm in deursnee tot warm. Doop kombuispapier in olie en vee vinnig oor bodem van warm pan. Gooi ’n bietjie beslag in pan en beweeg stadig in die rondte tot hele bodem bedek is – probeer 96 | Julie 2017 SARIE.com pannekoek so dun moontlik maak. Braai ’n paar sekondes en keer pannekoek om. Braai nog ’n paar sekondes tot gaar. Keer pannekoek uit op houtbord. Smeer eetlepel vol sjokoladeneutsmeer oor pannekoek met lepel se agterkant. Vou twee buitekante van pannekoek na binne en rol pannekoek stewig op soos ’n sigaar. Herhaal met res van beslag tot alles op is. Stapel pannekoek-rolletjies op opdienbord en gooi karamelsous oor. Sit voor.

JONGSTE UITGAWE

Januarie/Februarie 2022

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees