As jy dié pastagereg eers geproe het, gaan dit ook een van jou gunstelinge word, soos wat dit eens die Oscar-wenner en ontslape ikoon Audrey Hepburn s’n was.
In 2016, spesiaal vir ons Maart-uitgawe, het Herman Lensing, SARIE se kosredakteur, ’n paar resepte in die boek Audrey at Home deur haar seun Luca Dotti gekies en sy eie glans daarop gesit. Die Penne alla Vodka was een van hulle ... hier is Audrey se resep alla Herman-styl.
genoeg vir 6