Avokado-ritz-slaai

akkreditasie
FOTO Donna Lewis
FOTO Donna Lewis
Die plakkaatmeisie van die 80’s se formele hotel-eetkamers trek ’n prettiger rok aan vir die warmer dae se kuiers.

genoeg vir 6

  • 80 ml bruinsuiker
  • 125 ml witwyn-asyn
  • 1 groot komkommer, in skywe gesny
  • 125 ml witwyn
  • 24 steurgarnale (prawns), doppe verwyder en skoongemaak
  • 125 ml romerige mayonnaise
  • 45 ml koljander-pesto
  • 2 langblaarslaaikoppe (cos)
  • 2 sagte avokado’s, geskil en ontpit
  • 100 g bevrore ertjies, gaargestoom
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Bring bruinsuiker en asyn tot kookpunt. verwyder van hitte en gooi oor komkommer. Laat staan eenkant tot afgekoel. Plaas wyn in klein pot en bring tot kookpunt. Gooi garnale by en stoom 3-5 minute of tot ligpienk en gaar. Dreineer en laat afkoel. Meng mayonnaise en pesto. Breek slaai in kleiner stukke en pak op opdienbord saam met skywe avokado en ertjies. Skep komkommer uit asyn en pak by slaaiblare. Pak gestoomde garnale by en rond af met lepels vol mayonnaise. Geur goed met sout en peper. Sit voor.

Lees ook:

Lief vir avokado? Hier is top-resepte

Avokado-patee

Avokado-gazpacho

JONGSTE UITGAWE

Julie/Augustus-uitgawe

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees