Kapokaartappelkoekies gevul met spek en kaas

akkreditasie
FOTO Micky Hoyle
FOTO Micky Hoyle
’n Heerlike bygereg of ’n ligte middagete.

genoeg vir 10

  • 15 ml olyfolie
  • 125 g strepiespek (streaky), in klein blokkies gesny
  • 250 g sampioene, in skywe gesny
  • 150 g mozzarella-kaas, gerasper
  • 750 ml kapokaartappels (mashed potatoes)
  • 1 eier, geklits
  • 70 g (125 ml) koekmeel
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 140 g (250 ml) koekmeel
  • 2 eiers, geklits
  • 155 g fyn droë broodkrummels
  • olyfolie vir braai
  • mikrokruie vir garnering

Verhit olyfolie in pan. Voeg spek by en braai tot bros. Voeg sampioene by spek en braai tot sag. Haal af van plaat en laat afkoel. Voeg kaas by en meng deur. Plaas kapokaartappels in groot mengbak en voeg eier en 70 g koekmeel by. Geur met sout en peper en meng goed. Skep ’n groot lepel vol aartappelmengsel in die palm van jou hand. Maak ’n holte in middel en skep ’n groot lepel spekmengsel in. Maak vulsel toe met aartappelmengsel en vorm ’n koekie. Plaas op bakplaat en herhaal met res van mengsel. Plaas bakplaat in yskas vir 30 minute. Verhit oond tot 180 °C. Bedek elke koekie met bietjie van 140 g meel, doop dan in eiers en bedek goed met krummels. Verhit bietjie olyfolie in pan en braai koekies (nie almal gelyk) tot goudbruin. Plaas op bakplaat en plaas in oond vir sowat 15 minute. Haal uit, garneer met mikrokruie en sit warm voor.

JONGSTE UITGAWE

November/Desember-uitgawe

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees