Krummelpap met brosgebraaide kaiings

akkreditasie
FOTO Donna Lewis
FOTO Donna Lewis
Ken jy die geur van brosgebraaide kaiings saam met mieliepap? Glo my, jou dag sal soveel beter wees as jy dié resep probeer!

genoeg vir 6

  • 450 g lamsvet
  • 15 ml heel komyn
  • 250 ml water
  • 1 ml sout
  • 500 ml mieliemeel

Sny lamsvet in klein blokkies. Plaas in groot kastrol en verhit oor matige hitte tot dit begin braai. Verhoog hitte en braai 10-15 minute of tot al die vet uitgebraai het en blokkies vet goudbruin en bros raak. Skakel hitte af en gooi komyn by. Los vir 1 minuut. Gooi warm vet deur ’n sif en hou bros blokkies eenkant. (Laat vet hard word en gooi weg.) Bring water en sout tot kookpunt in ’n kastrol. Gooi mieliemeel in middel van die water en meng vinnig deur met ’n vurk – moenie bekommerd wees oor klonte nie. Maak pot onmiddellik toe met ’n deksel. Die water moet byna heeltemal wegkook. Gebruik ’n vurk en roer weer deur tot growwe krummels vorm. Skakel hitte af en maak pot toe. Laat die pap 15 minute stoom. Sprinkel kaiings oor en sit voor.

JONGSTE UITGAWE

Julie/Augustus-uitgawe

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees