book-icon Uitgawe SARIE KOS Lente 2019

Deelpastei met 7 bestanddele

akkreditasie
FOTO Willem Lourens
FOTO Willem Lourens
Dis byna soos herderspastei, maar pleks van kapokaartappel vir die kors, gebruik ek blaardeeg.
  • 1 aartappel, geskil en in blokkies
  • 1 ui, fyngekap
  • 500 g maer bees- of lamsmaalvleis
  • 2 takkies roosmaryn, fyngekap
  • 400 g gemengde groente
  • 400 g-rol blaardeeg 
  • 1 eier, geklits
  • olyfolie, sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit oond tot 180 °C. Plaas aartappelblokkies in mikrogolfbestande bak en bedek met kookwater. Mikrogolf op hoog vir 5 minute. Verhit bietjie olyfolie in groot pot. Voeg ui by en braai vir 2 minute. Voeg maalvleis en roosmaryn by en roerbraai verder tot maalvleis korrelagtige tekstuur het. Voeg groente en halfgaar aartappelblokkies by. Meng deur en geur goed met sout en peper. Voer bakplaat met bakpapier uit en plaas vel blaardeeg bo-op. Skep maalvleismengsel in die lengte in middel van deeg en vou deegrande oor vulsel sodat dit ’n lang pastei vorm. Verf met eier. Bak vir 20-25 minute of tot goudbruin en gaar. Sit voor met slaai van jou keuse. 

JONGSTE UITGAWE

Januarie/Februarie 2022

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees