Amerikaanse ontbytpannekoekmet bloubessies
’n Onlangse besoek aan Amerika het Herman van voor af verlief gemaak op plaatkoekies. Hulle noem dit pannekoek, so dit verdien ’n plekkie op ons lys van beste resepte.
Klassieke SA pannekoek
Dié resep het Herman se ouma nog by haar ma gekry. Dis ’n groot gunsteling in die Lensing-huishouding!
Hollandse pof-pannekoek
Hierdie anderste pannekoek het ’n taaier tekstuur as waaraan ons gewoond is. Die geheim agter die lekkerte is om dit in ’n gietysterpan te bak.
Franse lemoen-crêpes
Wie sal ooit crêpes Suzette uit die jare tagtig vergeet? Die kelner wat met die trollie na jou tafel kom en die crêpes netjies vou en flambé met brandewyn.
Argentynse karamel-pannekoek
Gedagtes aan Argentinië laat Herman altyd dadelik karamel proe. Tradisioneel sal jy dulce de leche hier kry, wat gemaak word van melk wat tot ’n goue karamel afgekook word.
Lees en stoor die nuutste SARIE KOS aanlyn:
As jy na die bestanddele-lys wil kyk, ’n lekker stories wil lees of resep vir ’n vriendin wil wys, is die SARIE KOS maklik byderhand op jou selfoon, tablet of rekenaar. ’n Resepteboek in jou handsak teen 'n baie spesiale prys, klik hier.