
genoeg vir 8
• 200 g (250 ml) suiker
• 420 g (750 ml) koekmeel
• 2 ml sout
• 5 ml neutmuskaat
• 1 liter melk
• 6 eiers
• 20 ml sonneblomolie
• 10 ml vanieljegeursel
• sonneblomolie vir braai
SOUS
• 115 g (145 ml) suiker
• 100 g (110 ml) botter
• 200 ml suiwer lemoensap (2-3 lemoene)
• skil van 2 lemoene, in repies gesny
• 100 ml brandewyn
Sif droë bestanddele vir beslag saam in ’n mengbak. Klits melk, eiers, olie en vanieljegeursel saam. Voeg by droë bestanddele en meng tot gladde beslag. Gooi mengsel deur ’n sif om klontjies te verwyder. Verhit kleefvrye pan van 25 cm in deursnee tot warm. Doop kombuispapier in olie en vee vinnig oor bodem van warm pan. Gooi ’n bietjie beslag in pan en beweeg stadig in die rondte tot hele bodem bedek is – probeer pannekoek so dun moontlik maak. Braai ’n paar sekondes en keer pannekoek om. Braai nog ’n paar sekondes tot gaar. Keer pannekoek uit op bord en hou eenkant. Herhaal tot die beslag opgebruik is. Vou pannekoeke in driehoeke: eers in die helfte en dan weer in die helfte. SOUS Smelt suiker en botter saam in groot braaipan (jy moet al die driehoekcrêpes in dieselfde pan kan pak). Voeg lemoensap en -skil by. Bring tot kookpunt en kook vir 2 minute. Pak pannekoek in sous, gooi brandewyn oor en wag 10 sekondes. Hou oop vlam so 10 cm bo die pan en steek aan die brand. Skud pan liggies heen en weer tot al die vlamme dood is. Sit voor.