Groen Thaise kerrie

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
FOTO Michael le Grange
FOTO Michael le Grange
Retha Joubert het dié resep vir my gegee toe ek onlangs in die Rosestad gekuier het. Sy vertel my sy het baie probeerslae gehad voor sy by die perfekte weergawe uitgekom het. Hier is hy en dis heeeeerlik!

genoeg vir 6

  • 5 knoffelhuisies
  • 2 uie, grofgekap
  • 1 x 5 cm-stuk gemmer, geskil en grofgekap
  • 4 groen brandrissies (of na smaak), grofgesny
  • 15 ml fyn komyn
  • hand vol vars koljander
  • 30 ml vissous
  • 45 ml olyfolie
  • 12 hoenderborsies sonder vel (of ontbeende dye), in blokke gesny
  • 1 x 410 g-blik klappermelk
  • 250 ml hoenderaftreksel
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • sap en gerasperde skil van 2 suurlemoene (of na smaak)

Plaas knoffel, uie, gemmer, brandrissies, komyn, koljander en vissous in voedselverwerker en verpulp by hoë spoed tot glad. Verhit olyfolie in groot pot tot warm en gooi uiepuree by olie. Roerbraai 2-3 minute. Voeg hoender by en braai nog 2 minute. Voeg klappermelk en aftreksel by en meng deur. Verlaag hitte en laat stadig prut tot hoender sag en gaar is – sowat 20 minute. Verwyder van hitte en geur goed met sout en peper. Roer suurlemoensap en -skil deur en sit voor met wit rys.

JONGSTE UITGAWE

Januarie/Februarie 2022

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees