Heelhoender-in-bierpastei

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
FOTO Michael le Grange
FOTO Michael le Grange

genoeg vir 6

Verhit oond tot 180 °C. Plaas uie in oondbraaipan saam met knoffelhalwes. Gebruik kombuisskêr en knip rugbeen van die hoender los. Draai om en druk plat met handpalm – jy noem dit spatch-cock. Sit hoender met borskant na bo in braaipan en gooi bier en aftreksel oor. Voeg suurlemoensap en -skil by. Smeer harissapasta oor hoender se vel en maak pan toe met foelie. Oondbraai 30 minute. Verwyder uit oond en gooi al die vloeistof in die pan asook die sampioene in ’n pot. Plaas deegvel bo-op hoender in pan en verf met geklitste eier. Plaas terug in oond en oondbraai oop vir nog 30 minute. Terwyl hoender in oond is, bring pansous tot kookpunt. Voeg room by en verlaag hitte. Laat kook 15-20 minute tot romerige sous vorm. Geur goed met sout en peper. Plaas gaar hoender met kors op opdienbord en sit voor met sous.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
JONGSTE UITGAWE

Julie/Augustus-uitgawe

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees