book-icon Uitgawe SARIE KOS Winter 2019

Hoenderpastei met sampioenespresso

akkreditasie
Hoenderpastei met sampioenespresso FOTO Michael le Grange
Hoenderpastei met sampioenespresso FOTO Michael le Grange
Die lekker van die pastei is die sous! Jy kan een groot pastei maak of individuele pasteie. Die keuse is joune.

genoeg vir 6 

  • 2 gaar winkelhoenders, vleis van been gevlok
  • 1 x 250 g-houer aangesuurde room (crème fraîche)
  • 500 g-rol blaardeeg, ontvrie
  • 1 eier, liggies geklits SAMPIOENSOUS
  • 1 x 80 g-pakkie gedroogde sampioene
  • 500 ml room
  • 60 ml espresso-koffie
  • + sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit oond tot 180 °C. Meng hoender en aangesuurde room tot romerig. Geur goed met sout en peper. Rol deeg op meelbestrooide werkvlak uit. Skep vulsel 5 cm van onderrand van deeg in ’n lang wors. Rol toe sodat dit soos ’n wors lyk. Vou in doughnut-vorm. Plaas in ’n tertbak of op ’n bakplaat wat met kleefwerende kossproei gespuit is. Verf met eier en plaas in warm oond. Bak tot deeg goudbruin en gaar is. SOUS Week sampioene vir 10 minute in 350 ml kookwater. Voeg sampioene saam met weekvloeistof en room in ’n klein kastrol en bring tot kookpunt. Verlaag hitte en laat oop prut vir 15-20 minute, of tot room met helfte verminder het. Verwerk tot puree met staafmenger en druk mengsel deur ’n sif. Voeg koffie by. Meng goed en geur. Sit warm voor saam met pastei. 

JONGSTE UITGAWE

Julie/Augustus-uitgawe

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees