
Genoeg vir 6
- 45ml olyfolie
- 2 uie, fyngekap
- 2 knoffelhuisies, fyngekap
- 200 g bruin sampioene, fyngekap
- 1 kg ontbeende hoenderdye (sowat 30 stukkies)
- 60 ml koekmeel
- 2 takkies tiemie
- 200 ml bier
- 500 ml hoenderaftreksel
- 30 ml groenpeperkorrelssout en varsgemaalde swartpeper
- 2 x 500 g-rolle broskors (shortcrust), ontdooi
- roosmaryn vir garnering
Verhit olyfolie in groot pot tot warm. Voeg uie, knoffel en sampioene by en roerbraai 5-8 minute of tot sampioene goudbruin is. Rol hoenderdye in meel en voeg by sampioene. Braai nog 2-3 minute. Voeg tiemie, bier, aftreksel en peperkorrels by. Verlaag hitte en laat mengsel stadig prut tot dik romerige sous vorm – roer elke nou en dan. Geur goed met sout en peper. Laat mengsel afkoel tot koud. Verhit intussen oond tot 180 °C. Spuit ’n kolwyntjiepan met ses holtes (volume 250 ml elk) goed met kleefwerende kossproei. Sny 12 sirkels uit broskors wat groot genoeg is om holtes te voer. Voer die 6 holtes uit met die helfte van die sirkels. Skep vulsel in uitgevoerde holtes. Plaas tweede deegsirkel bo-op vulsel en seël dig. Bak 25-30 minute of tot gaar. Garneer met vars roosmaryn en sit voor.