
GENOEG VIR 20
1 x basiese doughnut-deeg, klaar gerys
750 ml sonneblomolie
165 g fudge
125 ml room
growwe sout
100 g grondboontjie-broslekkers (peanut brittle), grofgekap Keer gerysde deeg uit op meelbestrooide werkvlak. Sprinkel nog meel op deeg voor jy dit afknie en rol dan uit in ’n lang strook van 2 cm dik en 15 cm breed. Sny in die breedte in stroke van 2 cm. Rol elke strook uit tot dit soos ’n lang wurm lyk. Vou soos pretzel. Verhit olie in ’n kastrol. Toets olie eers met ’n stukkie afvaldeeg – dit moet stadig bruin braai. As die olie te warm is, sal die doughnut buite bruin braai terwyl dit nog rou is binne. Braai doughnuts (nie almal op een slag nie) tot mooi goudbruin en dreineer op kombuispapier. Laat afkoel. Plaas fudge en room in ’n kastrol en verhit oor lae hitte. Roer nou en dan tot fudge smelt. Laat afkoel en plaas in yskas tot dit effens dikker word. Gooi karamelsous oor doughnuts en sprinkel bietjie sout en broslekkers oor. Sit dadelik voor.