Kersfees bederf in ’n kits

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Drie nageregte vir Kersfees
FOTO Verskaf
Drie nageregte vir Kersfees FOTO Verskaf
Kyk net watter uitskieter nageregte jy kan skep met die SPAR Freshline Kersfeesreeks. Al die lekkerte, maar geen stres!

SPAR Freshline het ’n verskeidenheid feestelike bederfprodukte vir die hele familie en vir elke feestelike geleentheid dié Desember - van Kersoggend tot die dag na Kersfees se luilekker middagete. En wie gaan nou nee sê vir ’n paar vrugtepasteitjies terwyl jy die Kersboom versier? SPAR Freshline het gedink aan elke ding – van sjokoladekoeke, kolwyntjies en vrugtekoeke tot die mees dekadente vrugtepasteitjies en topgehalte seisoenale vrugte – maak nie saak wat jy verkies nie, die nagereg gaan nie ’n probleem wees dié vakansie nie.

Hier is drie heerlike idees vir ’n vinnige, maklike Kersfeesnagereg.

Witsjokolade-kerskoek-mousse

Witsjokolade-kerskoek-mousse FOTO Verskaf

Wat is meer ikonies as vrugtekoek vir die feestyd? Maar waarom nie vanjaar ’n koel, ligte Kerskoek maak met SPAR Freshline se reeks produkte nie. Dis nuut, anders en reg vir ’n Afrika-Kersfees. Sit die mousse voor met vars vrugteslaai om deur die ryk smaak van die nagereg te sny.

Genoeg vir 6-8 

Mousse

  • 10 ml gelatien
  • 45 ml water
  • 200 g witsjokolade, fyngekap
  • 100 ml SPAR volroom melk
  • 350 ml SPAR vars room
  • 200 g SPAR Freshline Luxury Fruitcake, fyngekrummel

Vrugteslaai

  • SPAR Freshline-aarbeie
  • SPAR Freshline-frambose
  • SPAR Freshline-bloubessies
  • 2 takkies SPAR Freshline-kruisement, fyngekap
  • Gerasperde skil en sap van 2 SPAR Freshline-suurlemoene
  • 60 ml SPAR-strooisuiker
  • Versiersuiker vir oorsif

Spuit ’n 2 liter-patroonpan goed met kleefwerende kossproei. Sprinkel gelatien op water en laat staan vir 1 minuut tot sponsagtig. Roer sjokolade en melk in glasbak oor pot met kookwater tot sjokolade gesmelt het. Voeg gelatien by en roer oor kookwater tot glad. Vou room en vrugtekoekkrummels in en keer uit in koekpan. Sit in yskas vir 3-4 uur om te stol. Meng alles vir die vrugteslaai saam. Doop koekpan met gestolde mousse vinnig in kookwater vir 30 sekondes. Keer uit op dienbord. Skep vrugteslaai by en sif versiersuiker oor. Sit voor.

Vrugtepastei-kersfeesring

 Vrugtepastei-kersfeesring
Vrugtepastei-kersfeesring FOTO Verskaf

Wat dié nagereg wonderlik maak is die vrugteslaai wat saam met die vrugtepasteitjies bedien word. En met die SPAR Freshline reeks gebakte Kersfeesbederf en vars vrugte kan dit nie makliker wees om ’n kortpad nagereg voor te sit soos ’n bobaas gasheer nie.  

Genoeg vir 8–10

  • 1 vanieljestokkie, gesny en ontpit
  • 200 g (250 ml) SPAR wit suiker
  • 250 ml water
  • Gerasperde skil en sap van 1 SPAR Freshline-suurlemoen
  • 400 g SPAR Freshline-aarbeie, gehalveer  
  • 200 g SPAR Freshline-bloubessies
  • 200 g SPAR Freshline-kersies, vars en ontpit
  • 20 SPAR Freshline-vrugtepasteitjies
  • 1 liter SPAR-vanieljeroomys

Plaas die vanieljesaadjies en -stokkie, suiker, water en suurlemoensap en -skil in ’n mediumgrootte pan. Meng goed en bring tot kookpunt. Laat dit vir 5 minute prut. Plaas vrugte in ’n mengbak. Verwyder die vanieljestokkie uit die warm stroop en drup die stroop oor die vrugte. Laat die vrugte in die suikerstroop marineer vir ongeveer 10 minute. Terwyl die vrugteslaai marineer, verhit die SPAR Freshline vrugtepasteitjies volgens die aanwysings op die pak. Verwyder die pasteitjies uit die foeliebakkies en rangskik op ’n groot opdienbord in die vorm van ’n Kersfeesring. Skep die vrugte oor die pasteitjies, en bedien met vanieljeroomysballe bo-op. 

Vinnig en feestelike pavlova

Vinnig en feestelike pavlova  FOTO Verskaf
Vinnig en feestelike pavlova FOTO Verskaf

’n Pavlova is ’n supermaklike manier om ’n pragtige kerspoeding voor te sit. Hier het ons ’n SPAR Freshline-klaargemaakte skuimpiebasis gebruik, klapperjoghurt en room bo-op geskep, en dit toegepak met vars, seisoenale vrugte, kruisementtakkies en pistachios. Heerlik!  

JONGSTE UITGAWE

NOVEMBER/DESEMBER 2021

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees