Deel

RESEP: Klassieke pannekoek

akkreditasie
FOTO: Donna Lewis
FOTO: Donna Lewis
Die resep het my ouma nog by haar ma gekry. Dis ’n groot gunsteling in die Lensing-huishouding!

genoeg vir 12-14

• 240 g (430 ml) koekmeel

• 10 ml bakpoeier

• 2 ml sout

• 2 eiers

• 250 ml melk

• 250 ml water

• 5 ml neutmuskaat

• sap en gerasperde skil van 1 suurlemoen

• olie vir pannekoek bak

• kaneelsuiker en suurlemoenwiggies vir voorsit

Sif koekmeel, bakpoeier en sout saam in groot mengbak. Voeg eiers, melk, water, neutmuskaat, sap en skil van suurlemoen by. Klits goed tot gladde beslag vorm. Gooi beslag deur skoon sif om klontjies te verwyder. Laat rus deeg in yskas vir 30 minute. Verhit kleefvrye pannekoekpan tot warm. Gebruik kombuispapier wat in olie gedoop is en vee liggies daarmee oor die bodem van die pan. Skep genoeg beslag in pan om bodem te bedek. Braai sowat 1 minuut of tot goudbruin. Draai pannekoek om en braai nog ’n paar sekondes tot gaar. Laat gly uit pan op skoon bord. Sprinkel kaneelsuiker oor en rol stewig op. Herhaal proses tot die beslag op is. Sit voor met suurlemoen.

JONGSTE UITGAWE

Maart/April-uitgawe

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees