book-icon Uitgawe SARIE KOS Somer 2019

Noord-Kaap se staanrib met soet mosterd

akkreditasie
FOTO Michael le Grange
FOTO Michael le Grange
As jy uit die Kalahari kom, sal jy staanrib ken. Dis ’n maklike manier om te braai en te kuier. Die vleis raak op sy eie tyd gaar.

genoeg vir 6

  • 1 groot heel lamsrib
  • varsgemaalde seesout
  • 40 ml heel koljandersaad, grofgemaal
  • varsgemaalde swartpeper
  • 100 ml rooiwyn-asyn

Kry kole lekker warm (jy moet ’n tweede vuurtjie maak, sodat jy nou en dan ekstra kole kan bysit). Sny met ’n skerp mes ’n diamantpatroon op die vetkant van die rib. Sprinkel vetkant ruim met seesout, koljander en swartpeper. Gebruik jou vinger en vryf die speserye oral in die vet in. Sprinkel asyn op en plaas rib in toeklaprooster. Krap kole plat en plaas twee bakstene tussen die kole. Laat staan rooster op sy sy tussen die twee bakstene en krap kole nader, na gelang van hoeveel hitte jy naby die vleis wil hê: Jy wil die rib baie stadig braai sodat al die vet uitbraai en die vleis lekker bros raak – sowat 2 uur. Draai die rooster soms om sodat die ander kant van die rib na onder wys. Skep nou en dan ekstra kole by. Sodra rib goudbruin en bros is, sny op in porsies en sit voor. met soet mosterdsous (resep volg).

Soetmosterdsous

  • 80 ml mosterdpoeier
  • 120 ml witwyn-asyn
  • 180 ml suiker
  • 8 eiergele

Meng alles in ’n glasbak wat oor ’n pot kokende water geplaas is en roer aanhoudend met draadklitser tot die mengsel dik en gaar is, 8-10 minute. Verwyder van hitte. Laat afkoel en sit voor saam met rib.

JONGSTE UITGAWE

Julie/Augustus-uitgawe

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees