Paaseiers gevul met ongebakte kaaskoek is nie net ’n smaaklike nagereg nie, dis ook eenvoudig om te maak. So kry solank die sjokoladepaaseiers bymekaar en roep die kinders nader om te kom help. Dis tyd om kaaskoek te maak.
Gebruik ’n skerp mes om die paaseiers in die helfte te sny. Plaas die koekies in ’n voedselverwerker en blits fyn. Gooi die koekiekrummels in ’n mengbak en meng dit goed met die gesmelte botter. Druk mengsel met vingerpunte vas aan die onderkant van elk van die paaseiers (wees versigtig dat dit nie breek nie). Sit dit vir 20 minute in die yskas.