Deel

Pitabrode met gebraaide uie en lamsvleis

akkreditasie
’n Smaaklike, maklike middagete – die meeste werk is om die uie te braai.
FOTO: Micky Hoyle

genoeg vir 2

40 ml olyfolie
2 uie, gehalveer en in skywe gesny
1 knoffelhuisie, fyngekap
sout en varsgemaalde swartpeper
2 pitabrode
45 ml crème fraîche (suurroom)
250 ml oorskiet-lamsboudstukkies
6 vars takkies tiemie
olyfolie vir oorsprinkel
6 radyse, in dun skyfies gesny

Verhit oond tot 180 °C. Verhit olyfolie in pan. Voeg uie by en roer 1 minuut. Voeg knoffel by en maak pan toe met deksel. Laat uie braai tot sag en deurskynend. Haal deksel af en geur met sout en peper. Laat afkoel. Plaas pitabrode op ’n bakplaat. Smeer crème fraîche dik op elke pitabrood. Skep uie bo-op, gevolg deur lamsboudstukkies. Plaas vars tiemie bo-op en sprinkel bietjie olyfolie oor. Plaas in oond en bak 10 minute. Haal uit en sprinkel radyse oor. Garneer met vars tiemietakkies (opsioneel).

JONGSTE UITGAWE

Mei/Junie-uitgawe

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees