Pikante resepte met ClemenGold en nuwe LemonGold

akkreditasie
ClemenGold®-mandaryne gefermenteer in kombucha

RESEP & STILERING Herman Lensing FOTO Michael le Grange
ClemenGold®-mandaryne gefermenteer in kombucha RESEP & STILERING Herman Lensing FOTO Michael le Grange
Jy ken al die natuurlike soetheid van ClemenGold®-mandaryne met sy diep oranje kleur, maklik om te skil en eet, en perfek vir jou kosblik. Dié resepte met ClemenGold® én LemonGold® is pikant én perfek vir die winter.

ClemenGold®-mandaryne gefermenteer in kombucha

Mond vol lekker: Gefermenteerde kos, wat goed is vir jou gesondheid, bly ’n groot tendens. Met ClemenGold®-mandaryne wat jy met behulp van ’n slim kortpad fermenteer, kan jy dit deel maak van ’n gesonde ontbyt.

genoeg vir 6-8

16 ClemenGold®-mandaryne, geskil

1 liter rooiboskombucha

Muesli

180 g (500 ml) hawermout

100 g amandels, grofgekap

100 g pistasieneute, grofgekap

100 g (125 ml) sultanas

30 ml bruinsuiker

180 ml esdoringstroop (maple syrup) of heuning

500 ml Griekse-styl jogurt

24 uur voor ontbyt: Plaas ClemenGold®-mandaryne en kombucha in ’n glasbak. Maak bak toe met kleefplastiek en sit in yskas vir minstens 24 uur – dit kan tot 72 uur staan. 

Volgende oggend: Verhit oond tot 180 °C. Meng hawermout, amandels, pistasieneute, sultanas, bruinsuiker en stroop of heuning saam in ’n middelslagmengbak. Versprei die muesli eweredig op ’n bakplaat en rooster sowat 15-20 minute of tot die muesli ’n taai voorkoms kry. Meng nou en dan met ’n lepel deur. Haal pan met muesli uit oond en laat afkoel. Verdeel jogurt tussen bakkies en sit voor saam met gefermenteerde ClemenGold®-mandaryne en lepels vol muesli.

Wat is LemonGold®?

Nou is daar ook die LemonGold®- pitlose suurlemoen, wat jou die belofte bring van kulinêre gerief elke keer wanneer jy een uitdruk – sonder ongewenste pitte wat in jou slaai, gunsteling-suurlemoengereg of gesonde varsuitgedrukte sap of smoothie beland.

Sny die suurlemoen in wiggies, rasper die skil of druk die sap uit vir ’n gesonde ontploffing van geur. LemonGold®- pitlose suurlemoene, nes ClemenGold®-mandaryne, word met die hand uitgekies vir premium gehalte en met sorg verpak vir gehalte keer op keer.

Griekse suurlemoenlam met tamaties, feta en orzo

Daar is ’n rede hoekom die klassieke kombinasie van lam en suurlemoen so goed werk in Griekse kos. Voeg gewoon ’n paar tamaties aan die rank, knoffel en witwyn by vir ’n eenvoudige dog geurige gereg wat jy saam met orzo, pasta met die vorm van rys, fetakaas en pietersielie kan voorsit.

LemonGold®- pitlose suurlemoene is soos die naam sê pitloos en jy kan die sap sommerso uit die skil in ’n pan uitdruk sonder ongewenste pitte wat in die pan beland. 

Genoeg vir 3-4

30 ml olyfolie, plus ekstra vir bedruip

1 groot lamskenkel (sowat 700 g), vra jou slagter om dit kleiner te sny

sout en varsgemaalde swartpeper

2-3 knoffelhuisies, fyngekap

200 g tamaties aan die rank (of kersietamaties)

5 ml gedroogde origanum

gerasperde skil en sap van 1 LemonGold®- pitlose suurlemoen

180-200 ml droë witwyn

250 g rou orzo pasta

1 LemonGold®, gehalveer

1-2 wiele fetakaas, vir voorsit

hand vol vars pietersielie, gekap, vir voorsit

Verhit oond tot 180 °C. Verhit die olyfolie in ’n groot oondvaste pan of ’n oondskottel op ’n warm plaat. Voeg die lam by, geur met sout en peper en braai tot goudbruin aan albei kante. Voeg die tamaties en knoffel by, bedruip hulle met ’n klein bietjie olyfolie en geur weer met sout en peper. Sprinkel die origanum oor en voeg die skil en sap van die LemonGold® by. Skink die wyn by en verhit tot die mengsel liggies begin prut. Plaas dan in die warm oond vir 1 uur.

Terwyl die lam in die oond is: Vul ’n middelslagpot driekwart met water en bring water saam met sout tot kookpunt. Voeg die orzo by en kook vinnig vir 9 minute, dreineer en hou eenkant (bedek). Gebruik ’n skoon pan en verhit ’n bietjie olyfolie tot warm. Plaas die gehalveerde LemonGold® met die gesnyde kante na onder in die pan en braai tot bruin. Haal dit uit die pan en hou eenkant. Haal die lam wanneer dit gaar is uit die oond en skuif die vleis met ’n braaitang om plek te maak vir die pasta. Voeg die pasta by die pansous en meng liggies. Krummel die feta oor en sprinkel die pietersielie bo-op. Sit dadelik voor met die gebraaide suurlemoenhelftes (jy kan die sap oor die vleis en pasta uitdruk vir ekstra gekaramelliseerde suurlemoengeur).

Kyk hier hoe om die resep te maak. Geskep vir LemonGold® deur Ilse vd Merwe / @the_foodfox

www.clemengold.com | @clemengold | Vir meer watertandresepte, besoek: www.clemengold.com/clemengold



JONGSTE UITGAWE

SEPTEMBER/OKTOBER 2021

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees