book-icon Uitgawe SARIE KOS Herfs 2021

RESEP: Bitterballen

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
FOTO Michael le Grange
FOTO Michael le Grange

genoeg vir 24

Plaas vleis, aftreksel en naeltjies in groot pot en bring tot kookpunt. Kook tot vleis sag en fyn is – dit moet letterlik uitmekaar val. Skep vleisblokkies met gaatjieslepel uit aftreksel en maak fyn met ’n vurk – hoe fyner, hoe beter. Meet 500 ml af van die aftreksel  waarin die vleis gekook is. Gooi die res weg of vries vir latere gebruik. Verhit middelslagpot oor hoë hitte tot warm. Voeg botter en uie by en braai vir 2-3 minute of tot uie begin verbruin. Roer koekmeel en neut met draadklitser by tot meel alles geabsorbeer het. Gooi aftreksel wat jy eenkant gehou het op een slag by en roer tot gladde witsous vorm. Hou aan roer vir 2-3 minute. Voeg fyn beesvleis by en geur goed met sout en peper. Skep mengsel in ’n vlak bak en smeer gelyk. Laat afkoel in yskas. Plaas intussen meel, eier en broodkrummels in aparte bakke. Klits eiers. Skep happiegroot lepels van afgekoelde mengsel en rol in balletjies. Doop elke balletjie eers in meel, dan in eier en laastens in krummels. Verhit olie tot warm en diepbraai bitterballen tot goudbruin. Dreineer op kombuispapier. Sit warm voor met mosterd.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
JONGSTE UITGAWE

NOVEMBER/DESEMBER 2021

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees